Ek en jy: die onvermydelike vraag.

Ek sit nou en dink
My sokkies is nat
My skoene is taai
My hare en klere,
Alles ruik na rook
Maar my hande, my
Hande ruik na room,
Parfuum- jou soort

Tot laat laas nag
Dans net ek en jy
Jy was aan my sy
Waarom so onseker
Onvermydelik nou
Staan hierdie vrae
Is ek jou vriend?
Of dalk iets meer

Hierdie tussenin
Lol met my brein
Ek is deurmekaar
Gee jou antwoord
Sonder dat ek vra
Ek ruik jou by my
So vertel my nou
Los jy hom vir my?

26 Responses to Ek en jy: die onvermydelike vraag.

  1. kaneelsuiker sê:

    Ek weet dit is lame en toe probeer ek dit nog grand maak met ‘n vrye digvorm. Maar, dit is waarop dit nou neerkom en die woorde het vanself so gaan lê.
    Dis soortvan ‘n big deal vir my en ek moet dit net iewers uitskryf!

  2. Die liefde…. ai… moeilik om te verstaan ne!

    Die gediggie is pragtig!

  3. annderster sê:

    die parfuum meisie voel pragtig by jou, soos sy gehoop het iemand haar sal kan laat voel.

    en sy is bitter verward. anders het sy hom gelos, of nooit met jou ge-… ge-meisiewees nie.

    as jy nie wil seerkry nie, herinner haar aan hom en onttrek jou. dis die regverdige dinge om te doen. kuier met jou single vriendinne. al sit jy tussen hulle en wens jy jou hande wil weer na haar ruik.

    as jy bereid is om seer te kry… wel, dan gaan daar nog baie gedigte wees. en ek weet nie of dit altyd dit werd is nie.

    (en c, as jy hier lees… ek is opreg jammer oor die blog. maar ek gaan nie heeltemal vir jou wegkruip nie. ek mis vir annderster te veel.)

    • kaneelsuiker sê:

      Dit sal gaaf wees as jy weer begin blog annderster.

      Ek het al genoeg tussen meisies en hulle ouens gekom. Ek glo nie daar is iets verkeerd om ‘n meisie af te vat nie, maar om die een te wees waarmee sy cheat, en dan bly sy nog in die verhouding, dit is nie lekker nie.

      Ek het nog nooit self seergekry daarvan nie, maar ek kan sien hoe die meisie dan aan die las moet dra… not cool.

      Hierdie keer wil ek seker maak sy gaan 100% saam met my voordat ons verder gaan.

  4. Oeg… wag… briek ek nou so vinnig hier in die kuber ruim… Laat die tannie jou net gou reg help…

    Jy kan ‘n meisie afvat… in die sin waar sy haar ou eers los voor sy met jou uitgaan ja… Waa’s jou brotherly code of conduct? :mrgreen:

    • kaneelsuiker sê:

      Ai Girl, ek voel sleg oor wat ek al gedoen het. Ek was in die verlede nie lus vir die commitment en daaglikse sms’e van lekker slaap en goeiemôre nie, so dit het my gepas as daar ‘n ander ou was wat dit kon doen.

      Dit gaan nie vir my oor die ander ou nie. As hy in die eerste plek so lekker meisie kon kry, sal hy dit weer kan doen. Dit gaan oor die meisie wat die reg moet hê om te kan kies wie die beste by haar pas. Hoe gaan sy dit regkry as sy vir jare by een ou bly en waar die samelewing van haar verwag om nie ander ouens uit te probeer nie?

      In retrospek sien ek die foute wat ek gemaak het, maar ek wil weet waar is die skeidingslyn tussen vriendskap en uitgaan? Ek het vriendinne met ouens wat ek nooit sal opgee nie en dit is vir my erg dat ek nie soveel tyd met hulle kan spandeer nie.

  5. Jy is soos 22 😕 Ek kan verstaan dat commitment nie nou heel bo aan jou lys is nie, maar daar is nog steeds “reels” (en vir my om t erken daar is WEL reels wat gevolg moet word… moet jy weet)

    ‘n Mens maak ‘n keuse en hou by wat jy besluit het, anders vry jy maar in die bondel…

    Nee wag… voor ek my self hier uitlaat… Is jy nou ernstig??? waar die samelewing van haar verwag om nie ander ouens uit te probeer nie?

  6. kaneelsuiker sê:

    Ja, ek kan net nie die punt agter dit sien nie. Sulke verhoudings op ‘n jong ouderdom wat vir jare lank aanhou…

    Hoe gaan sy weet of daar nie iemand anders is wat beter by haar pas nie? As daar dan ‘n ou oor haar pad kom wat beter na haar behoeftes kan omsien, dan gaan sy nie die kans kan kry om daai ou beter te leer ken nie, want haar kêrel verwag van haar om net by hom te wees. Ek het al ‘n paar manne lekker kwaai gemaak as ek naby aan hulle girls kom. Behoort die meisie dan aan hulle? Nee, glad nie. Ek sou sê dit is bloot selfsugtig.

    Eers wanneer mense trou, maak hulle die commitment om net by mekaar te bly.

    Dalk is ek heeltemal disillusioned. Kom ek vra dan. Is alle meisies vry om vriende te maak en one-on-one tyd saammet hulle te spandeer, terwyl hulle ‘n ou het? Of behoort jy aan die ou wat jou uitgevra het?

    • Ek skud maar net my kop…. Dalk is Girl te preuds…

      Ek dink julle kan regtig ontmoet… nothing ventured…. nothing gained…

      En Kaneelkie… asb verander jou post dat ek nie verby daai grillerige goete hoef te loop nie. ‘Seblief man!

  7. annderster sê:

    hel, nou begin ek wens c lees hier. dit klink soos ons storie.

    jy’s reg – die meisie dra aan ‘n las as haar hart nie volkome by haar ou is nie. daar was ‘n tyd wat ek die ou verwyt het wat my in daardie posisie geplaas het – wat my laat besef het ek’s nie 100% gelukkig by Mnr Langtermyn nie. en ek het hom uit my lewe uit probeer sny; ek het probeer moralize; ek het probeer met my kop en my hart dink en dan met altwee saam.

    en ek kon niks van my worsteling deel met Mnr Langtermyn nie, Mnr Langtermyn met wie ek gehoop het om alles te deel… en dalk is jy reg dat dit selfsugtig was van hom om my eerder by hom as heeltemal gelukkig te wil sien. bedreig soos hy gevoel het, geregtig soos wat hy gevoel het.

    op die ou end het ek tog met Mnr Langtermyn opgebreek. en dit was ten minste as gevolg van die idee van die ander ou, indien nie hyself nie.

    maar waar trek EK die lyn? wanneer besluit ek “genoeg gesoek, hier kies ek om te bly”? sal ek nie maar altyd gelukkiger by iemand, iewers kon wees nie? en hy ook, for that matter. ons kan nie vir ewig aanhou soek nie. en soveel van wat liefde is, begin in elk geval eers wanneer jy besluit het jy gaan by iemand stick no matter what. wanneer begin die onvoorwaardelike liefde?

    ek weet nie hoe om die ongelooflike spanning te sidestep tussen volkome commit en hey-ek’s-nog-nie-getroud-nie.

    wat doen die ou?? kaneel, wat van jou eie oe, jou eie hart? was as hulle begin dwaal? wat is die protokol vir ‘n ou? is daar ‘n manier om nie ‘n asshole te wees nie as jy vind jou liefde is nie meer volkome by haar nie?? (maar somehow dink ek jy’s die obsessiewe, met-hart-en-siel tipe wat nie weet hoe dit voel om eerste belangstelling te verloor nie.)

    ek gaan nie weer blog nie. but this is fun.

    • kaneelsuiker sê:

      Jy skiet heeltemal raak met daai raaiskoot. Ek is die obsessiewe tipe. Tog, daar is ‘n waarheid waarmee mens moet vrede maak.

      As iets mooi is, is dit mooi. My vrou moet nie eendag van my verwag om te sê sy is die mooiste vrou in die wêreld nie, want daar sal altyd ‘n miljoen jonger, beter geboude poppe rondloop. Sal ek van haar af wegwyk vir poppe? Not a chance! Ek is ongelooflik kieskeurig as dit by meisies kom en in die rare geval waar ek een kies en haar kry, gaan ek haar nooit van my kant af laat los nie.

      Ek sal vir haar eerder komplimente gee wat uniek aan haar is en wat die waarheid is (trust my, ek kyk diep en dan haal ek daai goed uit wat mense hoendervleis gee). Dit sal tog baie meer beteken.

      Die verhoudings wat ek tot dusver gehad het, het geflop omdat ek nooit van die begin af 100% met een van hulle was nie. Dit is dalk goed so, want anders het ek al amper aan’t trou gestaan en deur daai spasie het ek myself die kans gegee om ALMAL eers uit te kyk en verskillende meisies te probeer. So ek het al self ‘n paar harte gebreek, maar ek moes getrou aan myself bly.

      As my verhouding die dag gebou is op ‘n hegte vriendskap, verstane van mekaar en wedersydse eerlikheid, gaan my hart nie roer aan sy kettings om haar siel nie.

  8. annderster sê:

    jis dit wat nou ‘n hele opstel 🙂 jammer

    • kaneelsuiker sê:

      Ja, as jy so af en toe my blog kom besoek sal ek jou vergewe oor jou blog. Jy mag maar ‘n opstel skryf, want wat jy sê maak sin en ek like dit.

  9. annderster sê:

    op die ou end is ons onvoorwaardelik lief juis omdat ons besluit om iemand se insecurities te aanvaar en onsself daardie bietjie minder vry te maak ter wille van hulle vreugde en sekuriteit.

    en almal doen dit. die vraag is op watter punt jy besluit om dit te begin doen.

  10. annderster sê:

    🙂 wat jy se maak ook sin, hoewel ons nou en dan verskil. ek begin nou eintlik gefrustreerd raak met die medium, as dit nie was vir die waarde van anonimiteit nie, het ek voorgestel dat jy op my stoep kom rooiwyn drink! maar die anonimiteit is dit werd. ek dink nie ons sou so openlik praat as ons in ons regte velle in ‘n regte stellenbosse kamer gesit het nie.

    ja, egtheid wen oor ultimates! maar ek hoop saam met jou jy sal weet wanneer dit tyd is om alles te gee. ek was nog nooit seker nie.

    • kaneelsuiker sê:

      Aag, weet jy wat? Screw dit, kom ons kuier. Ek het ook ‘n lekker kamer, maar jou stoep klink goed. Of wil jy dalk ‘n roomys op die strand gaan eet? Dit gaan niks bederf nie, aangesien jy nie meer blog nie. Jy kan my email.

  11. annderster sê:


    nee, dit gaan dinge net soveel complicate. as annderster kan ek op enige level praat, ek kan share en overshare… face to face sal ons versigtiger moet wees. die regte wereld het ander reels!
    jy’t in elk geval gese as dit by eendragters kom, val jy in die eerste kategorie. jy word dronk; ek ry dronk vriende huis toe en bid stilletjies vir hulle.
    chances are ons sou nooit in die regte wereld vriende geraak het nie.

    kom ons word eers regtig vriende voor ons versigtig die regte wereld aandurf 🙂

    • kaneelsuiker sê:

      Hahaha, jy maak verkeerde aannames 🙂

      Aangesien ek moes kies kon ek nie in jou tweede kategorie val nie, want ek doen nie akademies goed genoeg nie. Ek het egter al die pub vry ding gedoen, maar ek haat dronkenskap. Ek hou nie van die Pros scene nie, al het ek vriende daar wat nie uithaak nie.

      Ek moet aanvaar dat ek nie in werklikheid so poëties vertoon soos hier waar ek genoeg kan dink voor ek praat nie. Ek het die moontlikheid oorweeg dat ek een van my enigste fans sal verloor as jy sien hoe plain ek is, maar hier is wat my oorreed het om jou te ontmoet:

      Jy gaan sekerlik nie meer gereeld hier rond wees, noudat jy nie meer self blog nie. Ek beplan nie om vriende met jou te maak nie, want ek weet al klaar ons is nie mekaar se tipe nie. Verbeel jou ‘n oomblik waar twee heeltemal verskillende lewens bymekaar kom om een oomblik saam te deel nadat hulle nog net kon lees van mekaar.

      Dit kan baie interessantheid wees. Ek dink dit is ‘n goeie idee, but no pressure…

  12. annderster sê:

    hehehehe… ai girl ek lag lekker vir jou geite!

    kaneel, gee my net bietjie tyd, ek het ‘n paar oorwegings om te maak… en hierdie keer consult ek ‘n vriendin voor ek malle dinge in die blogosphere doen. ek weet ek klink stupid, maar ek het my vingers lelik verbrand met c. shit. ek het hom regtig ontstel en ek wou dit eintlik vir hom maklik maak om aan te gaan met sy lewe.

    dit sal twee heeltemal verskillende lewens wees. ‘n paar ure van vakansie, weg van hierdie dolle gewarrel, sal… wonderlik wees. 🙂 maar dan moet ons weer ons seperate ways gaan.

    deal? ek laat weet jou binnekort of ek game is…

    • kaneelsuiker sê:

      Dit is die idee, alhoewel dit nou begin om way te romanties te klink. Een gemaklike middag breuk… 😛

      Deal, maar asseblief eers na die 30ste September, kies jy dan ‘n dag dan doen ons iets fun.

  13. annderster sê:

    neenee, niks romanties nie… whoops ja ek sien dit lyk so! nee ons het mos klaar establish jy stel nie belang nie want ek’s nie ‘n afvlerk voeltjie nie en ek gaan jou bat 😉

    oktober is weer my woeste maand. ons kyk maar hoe werk dinge uit! dalk loop ek jou raak & stel myself voor.

  14. illuminerend sê:

    Ek verkies om nou eers alleen te wees.

    Groete,
    Verheldernd.

Lewer kommentaar op Girl van die Suburbs Kanselleer antwoord