Oor my

Ek is tans nog ‘n student aan die Universiteit van Stellenbosch. Mense ken my as ‘n ‘Jack of all trades, master of none’.

Ek hou om een of ander rede nie van dagboek hou nie. Wat ek wel van hou is om te skryf oor uitgesonderde situasies en om te dig. Ek deel graag my ervarings met mense en hieruit kom my idee toe om ‘n blog te hê waar ek hulle ten toon kan stel vir verskeie mense met wie ek nie noodwendig in ‘n gesprek kan tree nie.

Oor poësie:

Poësie is vir my ‘n medium van kommunikasie, ‘n prettige tydverdryf of net ‘n manier om my eie gedagtes neer te skryf en meer objektief daaroor te besin.

Om ‘n situasie, fantasie of ervaring met woorde te beskryf is ‘n uitdaging wat ek vind soms vergemaklik word deur poësie. Die emosies en beelde waarmee die digter assosieer word beter verstaan, omdat ‘n gedig (veral ‘n kort een) meer aandag werp op elke reël. Elke woord is belaai met gevoel en onnodige woorde word elimineer. Kort en kragtig werk vir my.

Die dieper betekenis wat mens in ‘n gedig kan inwerk stimuleer my verbeelding. Daarom glo ek dat ‘n gedig meer as een interpretasie mag hê. Die digter vang soms die essensie van ‘n sosiale fenomeen vas en mense moet dit op hul eie manier kan ontleed en verstaan vanuit hul eie verwysings raamwerk.

Om met rym, ritme en woorde te speel is nie net ‘n stokperdjie vir my nie, maar deel van my alledaagse lewe.

DSC03930edit

Af en toe neem ek ook ‘n mooi ding met my selfoon af.

16 Responses to Oor my

  1. annderster sê:

    hi kaneelsuiker…ek het jou sopas deur girl van die suburbs se blog ontdek. ek’s ook op stellenbosch en jou blog het my bietjie aan my eie laat dink.

    ek blog oor die goed waarmee ek worstel, so jy mag dalk dink dis al wat in my kop aangaan, maar dit is nie. ek is nie ‘n afvlerk-voeltjie nie. ek sou eerder in die bat-vir-kaneelsuiker as in die word-getroos-deur-kaneelsuiker kategorie val🙂

    ek love wel gedigte. en ek love hoe jy op jou blog skryf. ek’s bly ek het nou hierop afgekom.

    • kaneelsuiker sê:

      Wel… kom loer gerus in wanneer jy wil. Dankie vir die waarskuwing, ek kan nogal doen met ‘n “bat”-detector.

      Ek het so gescan deur jou blog en besluit ek gaan daarvan lees. Lekker om van nog ‘n boskind hier te weet.🙂

  2. ekisanna sê:

    Het sommer uit nuuskierigheid hier by jou kom inloer. Dit is ‘n ongelooflike foto wat jy hier het.

  3. kaneelsuiker sê:

    Ek beskerm sommige van my inskrywings met ‘n wagwoord. As jy belangstel om dit te lees, vra maar net. Email my of so…

  4. Hi kaneelsuiker, nes ‘n regte stalker het dié ou antie op jou spoor geloop en gou kom inloer.
    Hou van jou skribbels, is totaal dom as dit by gedigte kom, maar ek geniet joune.

  5. you know who sê:

    MOet net gou self bietjie shine vang . . . voel geeerd dat my foro gebruik word ( as jy nog kan onthou wie die fotograaf was) *

  6. VerdantSF sê:

    Die foto is fantasties. Het jy ‘n gedig oor dit :)?

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie VerdantSF, ek het al ‘n gedig oor skoenlappers geskryf, dalk moet ek hom voorlê… bly jy het kom inloer🙂

  7. slakkie sê:

    net by toeval, maar is dol oor jou posts. wowbeindruk🙂

  8. Oom Faan sê:

    DANKIE VIR DIE RESEP…. DIS GIGGILEND LEKKER…

  9. Dawid sê:

    Alle sampioene is eetbaar. Sommiges net eenkeer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: