Dagga

Februarie 25, 2010

Ek sit op ‘n bankie by die rooiplein en ek ruik die soet peperagtige reuk van dagga in die lug. Die oorsprong kan nie baie ver van my af wees nie. Is dit een van die studente op die gras wat dit in ‘n sigaret gestop het of hang dit aan die wit bedelaar wat daar sit en almal pla vir ‘n paar rand? Die cheeky bliksem. Hy speel heeltyd op jou gevoelens en neem voordeel uit onwetende jongmense. Genoeg nou oor hom, hierdie geurtjie trek elke nou en dan verby my neus.

Dit is eintlik so ‘n algemene ding. Meeste van my vriende het al dagga probeer. Hulle kry gewoonlik sommer op straat ‘n gram swak tarrie, wat altyd droog is. So dan rol hulle dit in ‘n rizzla joint met ‘n filter. Ek het al saam getrek, nog nooit baie nie en nog nooit iets gevoel nie, want dis low-grade en meer skudsels (stingels en pitte) as blom. Tog is dit maar beter as wat hulle persoonlik met dealers te raak. Daai ouens word soms lekker pushy.

Soos ek sê, hierdie meeste van my vriende eksperimenteer ook maar net so bietjie, niks ernstigs nie. Dan is daar so een of twee van hulle wat bietjie meer ervare is. Hulle het al meer, sterker goed probeer. Hulle doen die gewone ding ook anders. ‘n Stoner hou al die ente (roaches) van vorige kere en rol dit dan saam in een vet joint. Hulle sê hy het ‘n hoër konsentrase THC, baie sterk. Hulle het baie meer en sterker goed nodig om enigiets te voel.

Ek het op skool al ‘n paar drug deals gewaar. By altwee skole waar ek was. Dit was so snaaks om die outjies in aksie te sien. Hulle opereer so onnodiglik skelm. Hou heeltyd ‘n straight face, dan loop verskaffer en verbruiker na mekaar met skoolsakke oor een skouer. Hulle stop langs mekaar op die paviljoen of rugby veld, maak gelyk tasse oop, ruil pakkies uit (een pakkie met dwelms, een met geld in) en stap dan aan asof niks gebeur het nie. Bekruip ek hulle van agter en skree kliphard “Busted!” dan maak hulle of hulle niks hoor nie. Soos zombies is hierdie ouens.

So geheimsinnig en onder die radar. Van die kamermaat wat in my eerstejaar stilletjies agter my rug zolle gerol en in sy laai toegesluit het, tot die ouens in my klas wat so deur die blare lyk. Hulle is hoog, jy weet dit nie. Hierdie is ‘n hele lewendige kultuur en dit is oral aan die gang. Jy moet net weet waarvoor om te kyk of ruik.

As onskuldige het ek voorheen ‘n paar vrae gestel: Hoekom hou jongmense daarvan om te rook, te drink, hul liggame te vernietig? Hoekom is dit vermaaklik?

Nou aangesien ek al so lank hierdie kultuur aanskou het, maar nog nooit regtig deel geneem het nie, het ek besluit om dit een maal op die proef te stel. Ek wou dit vir ‘n slag behoorlik toets en dan alles neerskryf wat ek sou ervaar. Ek het geen respek vir hierdie kultuur nie, myns insiens kan dit maar oopgevlek word. Ek kon net nie hieroor praat of wonder as ek dit nooit self ervaar het nie. Toe maak ek ‘n plan om op ‘n dag ‘stoned out of my mind’ te raak, maar meer hieroor later…


My Find

Februarie 15, 2010

Small, hurt and left to wither, I picked it up and brought it hither.

Small: I passed by unaware.
Screaming in silence, this thing
Was pointed out to me- I- surprised
That I passed by unaware.

Hurt: it had its senses numbed
To stop the pain from bothering,
Yet even its joy was smothering
From having its senses numbed.

So fragile a thing I could not leave
To be withered away; exposed to the wind
In the dark with the fiends all around.
Now, I did not want it to leave.

I brought it home and applied some warmth,
At least I had to try. Even if I
Could bring but one tear to one eye,
It would prove that it can feel warmth,

But that small, hurt thing I brought back with me ran away to be free.


A castle made of sand

Februarie 15, 2010

On the ridge of dried out foam
Marked by high tides’ ever flow;
On a barren beach, about as bare
As my heart feels right now;

Exposed to wind and wave,
Stands my rickety creation-
A structure, not so very tall
With walls bound to fall.

It has a moat, its first defense;
Shells, pebbles line its sides
And towers with Gothic peaks,
From dripping mud through fingers.

Bare and alone on a barren beach,
I keep on digging, piling, shaping
For fear of thoughts that wander
When I idly sit in quiet here.

My heart jolts as thoughts approach.
I blank my mind, continue building;
Carving crenels on these walls,
It slowly gathers some appeal.

A castle mostly made of sand
Will be a bastion of love-
Decorated, fortified, entrenched-
To melt away eventually.

A fort signifying my civil attempt;
My futile ongoing struggle just
To hold and cherish, possess and keep
The love of another one like me.

Waves and wind will wear these walls.
The castle will cave in, towers fall,
Reduced to but a lonely bump
On the shore for half a day.


Ice tea

Februarie 2, 2010

In die ekonomiese laagwater waarin ons tans swem, word daar van baie verwag om algemene luukshede uit te sny. Ons het seker elkeen ‘n paar wysers en alternatiewe wat die water meer drinkbaar maak.

Gepraat van drink, hier is die eenvoudigste resep vir ‘ice tea’ wat jy ooit sal kry. Dit spaar op die sap en dit les jou dors en as jy dit gereeld drink, word jy maer (ek dink).

Bestanddele: -Rooibostee (belangrik!)
-Sap (appel, appelkoos en perske werk goed)

Kook die tee op die stoof. Laat dit afkoel. Gooi in ‘n glas ding en meng met een- tot twee-maal soveel sap as tee. Sit dit in die yskas, natuurlik.

Dié van julle wat gewoond is aan baie suiker en melk in julle tee mag aanvanklik nie vreeslik van die wilde rooibos smaak hou nie, maar mens raak dit gewoond (en later daaraan verslaaf).

Kaneelman, uit!