Kaapse reën (gedig)

Maart 27, 2010

Bly die somer is verby, vir nou.
Bly die sonbrand word vermy, vir jou
Bly die son verblydend. Vir my
Bly die maan, omwolk, verleidend.

Hoor daar, buite val dit.
Een, twee, ewe skielik
Alomvattend neerslag;
Spat vinnig en egalig.

Druppels trippel op die teerpad,
Herfsblare nat,
Vloei af met strate na
Verstopte dreingate.

Tip-tap teen die dakke.
Druppend van ‘n boom se takke.
Nat, pap, water tap,
Trap jy in die sop.

By my heers die lus om maar net
By die huis te bly en dus
By niemand hoef te maak of ek
By hulle tuis voel nie.

Binne is dit droog, sug
Voor die kaggelvuur, sit
Net vir ‘n ruk en tuur
En hoor hoe kraak die hout.

Die motreën is aanhoudend, word
Soms onderskat, pla sommiges,
Maar bied vir my ten minste
‘n Verskoning om te rus.

Die reënweer bring ook mense nader:
Onder sambrele, afdakke
Of komberse, rondom vure,
‘n Kans vir nader skuur.

My Kaap se reën stel
My nooit teleur om, as
My gedagtes wandel,
My gemoedsvure te blus.


As ek die lot kon kies

Maart 23, 2010

As ek die lot kon kies
Van elke mens op aarde,
(Net my hart wat my begelei)
Sou ek by hierdie formule bly:

Geen genade vir die een wat trap op geboë rûe
Of een wat kerm oor geringste kwale,
Wat lê en stagneer in louwarm water
En sug oor krake in die mure waar mos vergader.

My hand is oop vir die hand wat klippe uit paaie rol.
My hart gaan uit na warm harte wat graag
Die vreemdeling met glimlag groet en ook
Na mense wat innig breek as hul ‘n ander sien ween.

Ek wens vir die een wat neem, misnoeë;
Vir die een wat hou, verveeldheid;
Vir die een wat gee, nóg meer
Liefde en voldoening.


Wisdom Tree

Maart 22, 2010

On a lonely hill I stand in plain view,
Reaching out to the heavens, blue.
People walk up to talk to me;
For I am known as the Wisdom Tree.

They ask for my guidance in choices they make
Hoping I’d show them which path to take.
I see desperation, despair and concern
In eyes that seek and hearts that yearn.

They notice my crooked shoulders, then
And wonder how I endure the pain when
I stand so serenely, old yet secured,
Under heavy load- all their troubles procured.

Then, all I do is whisper soft
With the wind rustling my leaves aloft.
In response to their questions, my answer the same
Each time and again I redeem my name:

See how I live, I survive and exist
Simply; I sway in the wind then resist,
Drink water from deep subterranean stock,
My roots are settled in solid rock.


Procrastination

Maart 18, 2010

Ek wou nog iets hieroor skryf, maar toe los ek dit vir later.


Onthou my

Maart 17, 2010

Ek sit op die strand met ‘n baie spesiale meisie en neem elke oomblik hiervan in. Die eerste ruk is effens ongemaklik. Onder omstandighede is dit moeilik om rustig te word en ek dink sy voel verplig om my geselskap te hou. My uitstappie saam met vriende het onverwags verander in iets anders toe ons twee alleen sit en vir die plankryers kyk.
“Almal het gebail, nou is dit net ek en jy, wat vir my net so lekker is. Dit is soos ons long-pending date wat uiteindelik gebeur.” Ek glimlag skaam en korrigeer dan skaam: “Nie dat hierdie ‘n date is nie, ek het dit nie so beplan nie.”

“Hou op stres, hoekom raak jy so nervous”, vra sy.

Wel, laat ek jou nou vertel hoekom.
Jy weet seker hoe ek oor jou voel. Hoe jy soos ‘n diamant skitter tussen al die ander dowwe klippe. Hoe ek sonder huiwering dadelik aan jou sy sal wees as jy dit van my vra. Ek sal aan jou alleen behoort en my lewe herrangskik om jou daarin te akkomodeer. Ongelukkig voel jy nie dieselfde nie en ek weet dit, ek het vrede gemaak daarmee.

As ek dan weet waar ons staan, hoekom is ek nogsteeds senuagtig?
Dit is omdat ek so bang is ek doen iets verkeerd, bederf hierdie dag vir jou vir wat ook al jy dit sien- vriende of whatever, dit maak nie meer saak nie. Ek wil net hê jy moet dit nou saam met my geniet. Dit is hoe jou laaste indrukke van my moet wees: iets so onvergeetlik soos wat ons eerste aand saam vir my was. Ek sal nooit vergeet hoe ons dadelik geclick het nie, hoe ons uitgesneak en buite gaan vry het nie. Hoe ons toe opgery het na die taalmonument met die volmaan aan die kant en die stad se liggies van voor en wat ons daar gedoen het nie. Hoe ek jou lank styf vasgehou het en jy heel aand na my gekyk het nie en ek sal nooit verstaan hoekom jy my nou op ‘n ander manier sien nie.

Hierdie was ons laaste vaarwel, vir ‘n slag een in vrede, soos wat dit nog altyd moes wees. The “violent delight” had no violent end after all. Onthou hierdie oggend en dra dit in jou hart, sodat jy dit kan herroep as die lewe nie mooi maak met jou nie. Aangesien ek nooit daar sal wees om jou te kan beskerm of troos nie, moet jy maar hieraan vasklou. Onthou hoe ver ons in die grot ingestap het tot daar geen lig of klank was nie. Onthou hoe ons ‘n handdoek gedeel het in die son, jy met jou musiek en ek met my boek. Hoe ek ‘n sagte soentjie teen jou wang gesteel het. Onthou hoe ek jou opgetel het en speels na die branders geswaai het en hoe ek jou hand vasgehou het oor die klippe.
Onthou my!


Hipokriet

Maart 16, 2010

Heer, ek vra U publiek om verskoning.

Dit was onnosel om vir U kwaad te word en dit dan nog neer te skryf op my blog. (verwysing na my gedig op 13 Maart)
U gee my presies waarvoor ek vra en na my beloftes om U wil te dien, word my hunkering na aardse plesiere groter as my getrouheid aan U.

Na ek U gevra het vir ruimte, was dit nie lank nie toe word my menslike begeertes vervul. Die uiteindelike effek daarvan was weereens hartseer.
Ek wil U dien, maar daar is altyd nog één ding wat ek voor dit wil hê.

Dit is duidelik waarom ek so gereeld teleurgestel word. Ek maak staat op mense vir my geluk.

Spaar my dan, as U sal, môre, wanneer ek weereens my eie kop volg. Mag my aksies vir niemand hartseer bring nie en miskien selfs positief wees. Al moet ek dit agter rûe doen. Laat dit eindig in vrede, Here, en bly by my.
As my wil en U wil maar net verenig kon word sou dit soveel makliker gewees het…


Jammer lesers dat ek vandag so vaag is, maar dit is die prys wat ek moet betaal vir my ongegronde beskuldigings.


My cliché poem

Maart 16, 2010

In the darkest of night
There’s a shimmering light
That illuminates my way

In the coldest of storm
It would keep my heart warm
Like a calm, sunny day.

But,

When I follow that light
And it leads me right
To the warmth my heart did seek
The mere sight of you leaves me complete and utterly weak