Hubbly Bubbly: wat, waarom en hoe

Hierdie onderwerp kry daagliks ‘n paar besoekers, so ek het besluit om ‘n bietjie meer perspektief oor die gebruik van die hubbly bubbly te gee. Ek is self ‘n matige hubbly roker wat oor die jare gesien het wat moontlik fout kan gaan.

Hy lyk soos ‘n lekker speelding. Hy bied ‘n gesellige atmosfeer, heerlike aromas, dien as ‘n aktiwiteit teen verveeldheid, ensovoorts. Daar is egter ‘n paar dinge om in gedagte te hou voor jy die ‘party pipe’ sommer net optel en suig.

Eers gee ek ‘n oorsig en beskrywing, dan ‘n paar veilige stappe wat jou kanse vir siekword sal verminder. Laastens, ‘n bietjie agtergrond en motivering waarom ek en talle ander jongmense so graag die ding wil rook.

Die waterpyp:
Jy het jou fles met water; ‘n metaal pyp wat pas op die fles met ‘n airvalve en sy-pypie wat die lug uit die fles trek (deur gaatjies onder die rubber); ‘n lang buigbare pyp waardeur mens lug suig; asbakkie; kop-gedeelte (head/bowl/chillin) waarin jy tabak stop en ‘n lagie metaal of foelie met gaatjies in om die kool oor die tabak te plaas.

Warm lug trek verby die kool, deur die gaatjies, verdamp die stroop in die tabak, trek deur die metaalpyp, borrel deur die water (wat ook verdamp) en uit deur die plastiek pyp.
‘n Hubbly sessie se tydsduur word bepaal deur die kool. Groter kole brand langer- ongeveer 40 minute en word daarna flou. Teen hierdie tyd is al die stroop ook gewoonlik uit die tabak getrek.

Laat die melasse bak en NIE brand nie. As hy skielik suur proe of dit is te sterk, dan is dit omdat die melasse geskroei is. 1) Die tabak het aan die foelie vasgebrand, of (2) van die kool se as het deur die gaatjies geval en smeul nou in die tabak. Om te voorkom dat die melasse brand, maak seker daar is spasie tussen die tabak en foelie, of gebruik ‘n ekstra lagie metaal om die kool bo die foelie te lig.

As mens buite rook, kan die wind maak dat die kool vinnig uitbrand. Bou ‘n koepel bo die kool en kop van die hubbly. Dit kan ook die lug warmer maak en digter rook sal volg. Soms word ‘n platform of handdoek gebruik om die hubbly te stabiliseer as die bodem nie stewig genoeg staan nie.


Veiligheid en gesondheidsrisiko’s:

Die grootste risiko is wanneer ‘n groep saamrook of wanneer die toestel nie skoon gemaak word nie. Die melasse kan ook af gaan, so stoor dit in ‘n lugdigte plek en gebruik dit op. (As dit abnormaal funky ruik, gooi weg!)

Daardie plastiek tuitjies wat saam met Afzahl melasse kom? Vergeet daarvan, hulle help nie veel nie. Jy kom met baie meer vuilgoed in kontak deur die rook in te asem, as wat ‘n druppeltjie speeksel op die pyp jou sal affekteer.

My gesprekke met dokters oor die mediese komplikasies van die waterpyp bring die volgende inligting herhaaldelik na vore: Die mees algeme kwale blyk longsiektes te wees (big surprise). My huisdokter het al vertel van die jong studente wat met Tuberculose by haar aankom. Hulle doen dit op tydens hubbly groep-sessies. Onthou, enigiemand kan ‘n draer wees van ‘n kiem soos TB of selfs Meningitis, sonder om aangetas te word. Met ander woorde, die maat toon geen simptome nie, maar dra die kiem oor na Jannie, wat nou sy longe lekker humied maak met al die rook en stoom van die pyp en net daar kry die bakterieë of swamme ‘n houvas en Jannie raak siek.

En ja! Mens kan Meningitis kry van hubblies deel. Bewyse? Daar: http://www.medco-athletics.com/education/meningitis.htm
Dit is ‘n meneer van ‘n siekte waarmee jy NIE wil speel nie. Gaan lees maar op oor hom.

Volgende keer as die pyp daar lê; dink twee keer voordat jy net inklim en saamrook. Hoe goed ken jy die mense wat dit deel? Was een van hulle die laaste ruk siek?

As JY siek is – bly weg! Dit is juis dan wanneer jy nie ‘n klomp opportunistiese kieme wil opdoen of vir die bestaande kieme ‘n lekker vogtige omgewing in jou lugweë wil verskaf nie. Dit is ook uiters onverantwoordelik om ander aan te steek met jou siekte.

Die hoë vlakke koolstof monoksied wat mens inasem met die rook versadig die hemoglobien in jou bloed. Met ander woorde, jou bloed vervoer nou minder suurstof vanaf jou longe. Jy gaan vinniger moeg word as jy die volgende paar dae oefen en jy kan ‘n lelike langdurige hoofpyn kry van te veel koolstof monoksied. Hou verkieslik by een hubbly sessie op ‘n slag om die kans te verminder.

Pype: Die standaard pype het ‘n ysterdraadjie aan die binnekant. Dit roes en vorm aanpaksels. Kry ‘n ander plastiek of silikon pyp. Hardeware winkels se deurskynende silikonpyp is die ideale grootte- jou ou een se tuite sal daar inpas.

Kooltjies: Hulle brand gate in tafels, matte en vloere. Dit is ‘n goeie idee om seker te maak die hubbly staan stabiel, sodat die kool nie kan afval en skade maak nie. Moenie jou kooltjie in ‘n glas asbakkie gooi nie (dit bars) en moet dit ook nie by ‘n restaurant in ‘n asbakkie gooi nie. Baie kelners verbrand hulle hande.

Agtergrond:

Ek is aan hubbly blootgestel toe ek in graad 8 was en het van toe af elke geleentheid aangegryp om saam te rook. Dit was en is nogsteeds die sosiale aspek van waterpyp wat my die meeste aantrek. Ek kan onthou hoe ons op skool in kringe gesit het: meisie/seun/meisie en dan het ons gekyk hoe ver ons die rook mond-mond kan aanstuur in ‘n treintjie. Watter jong hormoongevulde lat sal nee sê? Dan ook die kompetisies om te kyk wie kan die beste rook kring blaas. Deesdae sit ons net agteroor en gesels, terwyl dit borrel in die agtergrond.

So paar jaar gelede het ek my eie een gekoop en nou rook ek hom een keer in twee weke. Per spesiale geleentheid ‘n bietjie meer.

Ek is al aangesteek deur iemand met verkoue wat saam gerook het.

Die headrush wat mens kry van die nikotien is nie vir my so ‘n motiverende faktor nie. Die nikotien neem 8 sekondes om tot by die brein te beweeg en sy effek daar uit te oefen. Mens kan dizzy / van balans af voel na ‘n paar trekke en na intense inname: bewerig, geïriteerd, naar en lighoofdig voel. Dit is regtig nie lekker om te veel nikotien in te neem nie, dit kan ek jou belowe.

Vir ouers: Julle gaan hulle nie heeltemal kan keer nie. By iemand se partytjie gaan die ding daar staan en hulle gaan moet besluit of hulle wil saamrook of nie. Die beste wat jy kan doen is om jou kind van die gevare in te lig, die rook daarvan by jou eie huis te verbied of as jy meer liberaal is en dit nie wil verbied nie, die betere gebruik daarvan aan hulle te leer en dit soveel moontlik te beperk. Is jy oraait daarmee dat jou kind sigarette rook? Die verkoop van enige tabakprodukte is verbode aan kinders onder 16 (binnekort 18). Hubbly melasse is ook tabak en bevat ook nikotien (EN TEER). Beter studies sal in die toekoms gedoen moet word om die presiese hoeveelheid nikotien wat dit tot by die longe maak te bepaal wanneer die korrekte hubbly prosedure gevolg word. Huidige syfers is van ekstreme afgelei en is onbetroubaar, maar die inhoud van hierdie pakkie is ‘n basiese aanduiding (0.5%).

10 Responses to Hubbly Bubbly: wat, waarom en hoe

  1. Marile Cloete sê:

    Baie dankie – goed uiteengesit vir ‘n moeder wat nie geweet het of sy moet bekommerd wees nie! (Het darem ook probeer, net om te weet waaroor dit gaan). Ek verstaan die sosiale bekoring daarvan baie goed – dit gee ‘n groep geselsendes iets om gesellig saam te doen.

  2. annalize sê:

    ek is ook n gereelde hubbly roker ek rook hubbly omdat dit lekkerder is as sigarette. hubbly is die beste van wat ek dit rook is ek ook minder ini moeilikheid want ek is nie meer verveeld nie hahahaha hubbly ROCK

  3. besorg sê:

    Ons het ook gehubly gedink dis beter as sigaret rook en nou sit ek met teer op die longe en oppad na longkanker. Een sessie is gelyk aan amper 200 sigarete, so sterkte vir julle, geniet dit maar weet net dis nie so great later nie ek akn getuig

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie! Wys nou net: enige tabak produkte bevat teer en mens moet self die verantwoordelikheid neem nadat jy ingelig is oor die gevare.

  4. Karlina sê:

    Ek het vriende wat broers is,aan die dood afgestaan,a.g.v. water op hulle longe,veroorsaak deur Hubbly blubby.Di sdie grootste gemors wat ek al ooit gehoor het,wat jongmense kwytraak deur dat dit hulle laar ontspan.Daar is soveel ontspanning maniere en dinge om te doen.My seun gebruik dit ook en hy is gedurig moeg en slaperig,stink van die gemors reuke,maar ek as n moeder sal uit my pad uit gaan om my kind te help om dit af te skakel.Ek sal nie toelat dat die vyand my king se lewe en toekoms opmors nie,nie solank as wat ek lewe nie!!!

    • kaneelsuiker sê:

      Hi, Karlina. Dis sleg om te lees oor jou vriende se ongeluk. Jy sê tereg dat daar soveel ander ontspannende dinge is om te doen. Ek sou enigiemand wat dink dit is ‘n goeie idee om daagliks te rook, afraai om dit te doen. Wanneer mens uit gewoonte rook, maak dit nie saak hoe jy dit doen nie, dit verswak jou gesondheid, punt! Wens ek kon jou boodskap vroeër raaksien. Slaperigheid, moegheid en prominente reuke is alles indikasies dat hy iets anders as net tabak rook…

  5. Heleen sê:

    Dankie, die artikel was baie insiggewend.

  6. sonja le roux sê:

    Wat kan gebeur met iemaNd wat hoebloed druk en diabeet Is?

    • kaneelsuiker sê:

      Ek trek sommer vanuit ‘n studie deur die slimmense: “the human and animal literature, as well as our studies, fail to support the hypothesis that long-term CO exposure is capable of provoking an increase in blood pressure”- http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC1568409/

      sê: “Nicotine causes a short-term increase in blood pressure, heart rate, and the flow of blood from the heart. It also causes the arteries to narrow. Carbon monoxide reduces the amount of oxygen the blood can carry. This, combined with the effects produced by nicotine, creates an imbalance in the demand for oxygen by the cells and the amount of oxygen the blood is able to supply.”

      Dit verhoog ook jou kanse op ‘n hartaanval. So, dit is slegter vir iemand met hoë bloeddruk as sigarette, omdat daardie 2 vlakke hoër is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: