Wat is kaneelsuiker sonder ‘n pannekoek?

Hier volg ‘n maklike pannekoek resep vir 25 pannekoeke:

Et voilà! Crêpes à la cannelle

Et voilà! Crêpes à la cannelle

4 koppies meel
4 eiers
4 koppies water
1 koppie olie
¼ koppie asyn
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier

Klits eiers en voeg ‘n bietjie water by. Voeg nou die olie en asyn by en dan die meel met sout en die res van die water. Die bakpoeier word laaste ingeklits. Smeer die pan net vir die eerste pannekoek,
daarna nie weer nie. Die eerste pannekoek
mag dalk flop vanweë die ekstra olie.

Rol KANEELSUIKER in en drup suurlemoensap oor.

Deel gerus jou gunsteling pannekoek vulsels met ons:

12 Responses to Wat is kaneelsuiker sonder ‘n pannekoek?

  1. Vlam sê:

    En nogal handig in die kombuis ook! Mooi man! 😆

  2. Jip…. I love you too!

    Jy het huiswerk….:mrgreen:

  3. Sonkind sê:

    MM – jy het NOG huiswerk

  4. Ek kan for the life of me not a hell a pannekoek bak nie!

    • kaneelsuiker sê:

      Ag, Girl! Try dit net, dis makliker as eier bak en dit maak ‘n lekker social event.

      Die olie in die resep maak dat die deeg nie so vaskleef aan die pan nie, werk die pannekoek los met ‘n spaan dan flip jy hom om… easy peasy japanesy

  5. Adrie sê:

    😉

    Wat is Kaneelsuiker sonder melkkos?

  6. Pienk Zuit sê:

    Jammer vir die spam, maar as ek moeite gaan doen soek ek lesers. Lees meer oor Suid-Afrika se tweede satelliet, SumbandilaSat, se lansering op die 15 September op my blog. Elke dag tot die lansering sal daar ‘n satelliet-verwante inskrywing wees.

  7. Skoor sê:

    *Tuna in ‘n stywe witsous. Dis ‘n heerlike vulsel. Deesdae sien ek Woolies het sulkes. Klein pikante pannekoekies met tuna in witsous.

    Afterall toe nou nie so ‘n slegte idee as hulle ook dink dis ‘n wenner nie.

    *Byekonfyt (heuning) en suurlemoen sap.

    *Cheddar en Byekonfyt

    Pannekoek kan eintlik maar soos wraps gebruik word. Mens kan eenvoudig mal gaan…

  8. kaneelsuiker sê:

    byekonfyt, dis oulik😉
    Ja ek stem saam. Dit is ‘n lekker wrap vir maalvleis, hoender, tuna en vir soet vulsels maak ons altyd so dik melkpap. Dan gooi ons ingelegde appelliefies, bessies of sjokolade sous oor.

  9. teleurgesteld of ht ek iets verkeerd gedoen sê:

    resep beslis nie reg VIER koppies meel so min vloeistof??? disappointed wasted ingredients, working mom, tyd min, wat kwaliteit tyd met my prinses moes wees het my net ‘n hoofpyn gegee

  10. oops! sê:

    OOPS! vra om verskoning, ..waarheid uitgekom..prinses het water vir hond gegee, klaarblyklik gelyk of hy dit meer nodig het as resep! panado’s kick nog in, ons meng en bak verder! blessings

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: