Digter

Junie 23, 2011

As jy jouself as ‘n digter verbeel,
Gaan loop eers op die strand.
Bou jou grootste, mooiste sandkasteel
En breek dit met jou hand.


Die vorm van liefde

Junie 23, 2011

Daar is niks so teer en niks so sterk.
Soos ‘n seepbel met ‘n diamant vlerk.

As jy dit voel, dan voel dit reg,
Maar sê te vroeg dis daar, dan is dit weg.

Daar is niks so seer en niemand so swak
Soos wanneer jy die skerwe eet en kak.