Huidige lewe: Augustus 2010 update

Hoe gaan dit met my? Wat is nuut in my lewe? Waarmee hou ek myself besig?

Vir dié wat werklik belangstel en nie net uit gewoonte vra nie: ‘n kort oorsig oor my huidige doen en late.

My gemoed is blink en ek voel goed. Ek is amper 22 en sonder kriminele rekord.🙂
Ek bly by die huis saam met mammie, pappie en gr.10 boetie in die Paarl. Ja, ek swot nog. Maak nou my 3-jaar graad in 4 jaar klaar. Volgende jaar is dit NOS. Ek gaan nie ophou studeer voor ek 3 grade het nie en dan gaan ek kanse vat met die opsies wat vir my ooplê, tuis of oorsee.

Deesdae gaan slaap ek al 11uur op ‘n weeksaand, mits daar nie ‘n taak die volgende dag ingegee moet word nie.
Gym of draf so drie keer ‘n week, eet gesond (min sout/suiker/olie) en was elke tweede aand my hare met sjampoe.
Ek probeer elke 2de Sondag die oggenddienste bywoon, maar laat Saterdae aande kanselleer soms hierdie ideaal.
Twee maal ‘n week gaan oefen ek salsa danse in Wellington. Daar het ek ‘n paar b-boys ontmoet wat my met mening wil leer breakdance. Ek moet Saterdag by my oupa se verjaardag partytjie ‘n lied sing.

Ek het maande laas gaan fliek, een speeding ticket wat voor my lê, rook een maal in 2 of 3 weke hubbly bubbly. Naweke geskied meestal in die Paarl. Ek het in April laas dagga gerook en in Julie laas lekker gevry. Daar is niemand wat ek tans in die oog het nie.

O ja, ek pieps so 3 maal ‘n dag.

Dis mos omtrent al wat mense wil weet, of hoe?

7 Responses to Huidige lewe: Augustus 2010 update

  1. Jissie! :mrgreen: Net drie maal ‘n dag: Ek is jou een voor al teen 10 uur die oggend! 😉

  2. anne-marie sê:

    Ja-nee, jy moet meer water drink😉

    Kaneelsie, eendag gaan ek ook weer in die Paarl bly. Maar tot dan sal ek maar wegwaai onder die Helderberg🙂

    En ja, dis nogal verbasend wat se goed alles in ‘n klein dorpie soos Wellington aangaan. Salsa danse! Nogals!

  3. Hallo – en goed om te ontmoet. Drink emer water – jy pieps te min. En vry te min.

  4. VerdantSF sê:

    Ek is bly dat alles goed gaan met jou. Sterkte met jou dans! Ag, en ek sien uit na meer gedigte🙂.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: