Ek kyk om

Vir Grieta

Ek kyk om na my lewe,
Waar my voetspore maar netsowel
Dié van my skaduwee kon wees.
Spoor in stof.

Sou ek omdraai en die spoor volg,
Is dit een van net nog ‘n mens
Wat eet, slaap, asemhaal.
‘n Broer, ‘n seun; ‘n vriend.

‘n Ander siel kon dié spoor trap-
Al die pad tot waar dit stop,
Waar voetjies gevorm is uit stof.
Stof trap stof.

Meer as die stof wat getrap is-
Die siel wat dit getrap het:
Sy besluit waar hy sy voet nou plaas,
Tree vir tree.

‘n Gevoel van sin, miskien waansinlik:
Die vryheid van Hansie,
Wat slim-slim die wêreld wil in.
Wyd en syd.

Al tel dit op tot meer as stof
Is deel van my steeds- stof;
En stof wat lewe het behoeftes
Dag na dag.

As ek maar net, selfs vir ‘n dag,
Kan ophou smag en voel.
‘n Ander stoflyf, ander Griet
Styf teen my.

Daagliks soek ek na ‘n rede
Om te voel, ek jaag dit na.
So haastig in my stryd dat ek
Vergeet van vrede.

6 Responses to Ek kyk om

  1. anne-marie sê:

    ek voel vandag ook asof ek net stof trap en enige iemand anders (behalwe ek) maar ek kon wees.

  2. Grieta sê:

    ek lees nou eers… dis so special… dankie… was wild die afgelope twee weke – tyd my grootste vyand…

    het hierdie vandag raakgeloop. is jy nie lus om saam te kom nie

    Die Departement Afrikaans en Nederlands bied op 3 en 4 September ‘n poësiewerkswinkel, onder leiding van Danie Marais en Ronel de Goede, aan.

    Almal welkom.

    Kontak ons by: skrywers@sun.ac.za

    • kaneelsuiker sê:

      Dit klink fun, maar ek is altwee daai dae besig.😦 Kom ons kyk uit vir nog so iets in die toekoms, dis altyd lekker. Ek neem nou deel aan ‘n kreatiewe skryf werkswinkel een keer ‘n maand.

      • Grieta sê:

        hmmm – het nou die inhoud ontvang… dink ek gaan dit ook maar ‘n skip gee.. daai kreatiewei skryfwerkwinkel klink nice! lekker naweek…

  3. Grieta sê:

    oor smag en voel…

    ek ken dit maar al te goed…

    Soms – net soms laat jy my toe
    In jou binnekring… as ek skrams jou bruin kykers vang
    En vashou
    Probeer vashou

    Soms – net soms voel ek jou hartklop onder my vingerpunte
    Jou asem in my nek
    Jou lewe
    Waar ek ‘n plekkie vra

    dan – soos nou
    wag ek geduldig, saggies, subtiel
    tot ‘n volgende blik
    ‘n glimlag
    Wanneer die sluiers lig en ek jou siel kan sien

    Om weer weg te draai en die alleenwees voel klop
    Hoor klop
    Tot daar waar dit stil raak
    Nie saakmaak
    wegraak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: