Wat eet jy daar?

My een Fisiologie dosent vertel vir my hierdie storie.

Dit werk nou maar net so dat eksperimente op diere gedoen word. Dit sal nie verander nie. Wanneer daar ‘n nuwe medisyne ontwikkel word, is een van die stappe om dit op diere uit te toets voordat dit op mense getoets mag word. Hierdie diere moet min of meer oor dieselfde biologiese prosesse as mense beskik en daarom is dit ook beter om groot diere te gebruik in die toetse.

Universiteite doen kosbare navorsing op diere, maar hulle volg streng prosedures om so eties as moontlik te werk te gaan. As jy op ‘n spesifieke orgaan wil werk, maak jy eers jou dier dood; gewoonlik deur inenting met ‘n middel wat die hart laat stop. Isoleer dan die orgaan en verwyder die res van die karkas.
Stellenbosch U het groot incinerator-oonde by die proefplaas om die karkasse in te verbrand, maar instansies soos UCT stuur gewoonlik die oorskiet na ‘n rommelwerf.
Nou het dit al in die verlede gebeur dat bewoners van gebiede naby hierdie vullishope die (geleentheid) aangegryp het om lekker spare-ribs te kan braai vir hulle mense. Soms was hulle gelukkig en is die vark nie kwaai gedokter nie; ander kere het jy gekry dat groepe mense vir ‘n paar dae onverklaarbaar uitpass.

Die oplossing was nogal baie kreatief. Hulle spuit die karkasse met ‘n stof wat proteïene blou kleur. Niemand eet ‘n blou vark van ‘n vullishoop af nie.

One Response to Wat eet jy daar?

  1. Skoor sê:

    Ek veronderstel honger het min perke.

    Ek sal ook nie sommer kans sien vir blou vleis nie. Dit het my nogal lank geneem om ‘n blou tjoklit (Fast Forward) in my kies te druk!

    Ek dink ander universiteite behoort die US se voorbeeld te volg om van karkasse ontslae te raak. Wie gaan verantwoordelikheid aanvaar as regeringsamptenare hulle oorsprong daar het, en dit van blou vleis eet?😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: