Meisie in my klas

“Donker hare, donker bril,
Alles meestal donker.
Fyn, stylvol, baie stil
Die derde ry van onder.”

Vriendin, Melanie wys toe weer
En skielik was ek verras.
Hier sien ek háár die eerste keer
In my Biochemie klas.

Vir 10 minute lank gestaar
En besluit dit is ‘n skande
Dat ek geen enkele ding van haar
Geweet het na ses maande.

‘n Elegante gestalte
Afgerond met eksotiese prag
En ek, voorheen nie, nou al te
Bewus van haar, elke dag.

Gewoonlik sit sy alleen
En ek wou haar graag ontmoet,
Maar wat het ons nou in gemeen
En hoe sou ek haar groet?

Dan nog daardie suiwer uitspraak,
Ek was effens skaam
Oor my gewone Engels, wat sou maak
Dat ek stotter oor my naam.

Toe op ‘n dag kom sit sy langs my.
Ek het gedink: “Nou’s dit”,
Hel, hier kom Philip en vra of hy
Maar tussen ons mag sit.

En heel bedagsaam skuif sy op,
Want nooit het sy verwag;
Ek, wit outjie, hou haar dop
En het hiervoor gewag.

My vriende kan maar altyd stry,
Maar ‘n swart meisie was,
Wel, ten minste volgens my,
Die mooiste meisie in ons klas.

10 Responses to Meisie in my klas

  1. anne-marie sê:

    Kaneelsie, hoekom maak die kleur tog nog saak? Of sal dit maar altyd vir die meeste van ons so wees? Sad, ne

    • kaneelsuiker sê:

      Dit is die vraag, ja.

      Daar bestaan beslis nog ‘n groot mate van distansiering tussen kleurgroepe. Dink die reaksie na ET se moord en belaglike vrese vir ‘n rasse-oorlog. Die ons/hulle houding… Die onderwerp is al holrug gery, maar ons samelewing kan nog baie groei in volwassenheid.

      Ek het nog altyd myself beskou as nie-rassisties, daar was nie soseer ‘n aversie nie, maar hierdie spesifieke situasie het my oë regtig oopgemaak.

      Toe my vriendin praat van die “mooi meisie”, het ek nie geweet na wie sy verwys nie. ‘n Swart nooi was iets wat ek nooit voorheen oorweeg het nie. Vandag nogsteeds nie my voorkeur nie, maar ‘n mens kan jou oë instel om mooi dinge raak te sien of jy kan blind bly daarvoor.

  2. Dudeinjouklas sê:

    Bahahaha! Ek kan dit picture. Jou enigste kans…

  3. annderster sê:

    het jy geweet “melanie” beteken iets soos “die klein donker een”? maar ek vermoed melanie is jou wit vriendin wat gese het die ander meisie, die swart meisie is mooi?

  4. Julle het biochemie in gemeen Kaneeltjie… Praat oor al daai en nog wat!😉

  5. annderster sê:

    skryf weer!

  6. kaneelsuiker sê:

    Meisie het ‘n naam gekry: Nosi, kort vir (sover ek kon aflei) Nosivuyile. Uiteindelik weer langs haar beland vandag.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: