Bloed

Wie se bloed val op jou hande?
Wie sal hierdie stryd verloor?

Weet jy van jou voorvaders?
Weet jy hoe moes hulle moor?

Wat het moord al ooit beloof,
Wat groot genade nie kon bring?

Jy het droë bloed op jou hande.
Jy vergeet, afstammeling.

Sal die skote nader klap?
Sal bloed buite jou huis spat?

Maak jou oë dan liewer toe.
Maak jou hande eerder nat

Met seep en water, wete skoon
Met insig in die plek van haat-

Jou eie bloed vlek ook jou hand.
(Jou eie trane vloei te laat)

Bloed uit letsels, oopgekrap.
Bloed van volke, omgekrap.

5 Responses to Bloed

  1. VerdantSF sê:

    Ek het oor Terre’Blanche se moord en die reaksies gelees. Ek is hartseer vir Suid-Afrika.

  2. kaneelsuiker sê:

    Ja, hy was een van ons meer ekstreme leiers. Voorheen wou baie van ons niks met hom te doen hê nie, maar sy moord is ‘n “wake-up call”.
    Baie vrae hang nou in die lug en baie Afrikaners is bekommerd oor Suid-Afrika se toekoms.

  3. Raaisel sê:

    Wie Weet Wat Jy Sal Maak Met Jou Bloed?

    Die groot vraag aan ‘n volk. Sal hy dit giet oor ‘n situasie waar ‘n leier vermoor word. Sal hy kalm bly wanneer die mense omgekrap raak? Soveel onsekerheid. Die ‘worst case scenario’ is ‘n oorlog, maar dit lyk nou darem asof mense tot hul sinne gekom het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: