Kaapse reën (gedig)

Bly die somer is verby, vir nou.
Bly die sonbrand word vermy, vir jou
Bly die son verblydend. Vir my
Bly die maan, omwolk, verleidend.

Hoor daar, buite val dit.
Een, twee, ewe skielik
Alomvattend neerslag;
Spat vinnig en egalig.

Druppels trippel op die teerpad,
Herfsblare nat,
Vloei af met strate na
Verstopte dreingate.

Tip-tap teen die dakke.
Druppend van ‘n boom se takke.
Nat, pap, water tap,
Trap jy in die sop.

By my heers die lus om maar net
By die huis te bly en dus
By niemand hoef te maak of ek
By hulle tuis voel nie.

Binne is dit droog, sug
Voor die kaggelvuur, sit
Net vir ‘n ruk en tuur
En hoor hoe kraak die hout.

Die motreën is aanhoudend, word
Soms onderskat, pla sommiges,
Maar bied vir my ten minste
‘n Verskoning om te rus.

Die reënweer bring ook mense nader:
Onder sambrele, afdakke
Of komberse, rondom vure,
‘n Kans vir nader skuur.

My Kaap se reën stel
My nooit teleur om, as
My gedagtes wandel,
My gemoedsvure te blus.

4 Responses to Kaapse reën (gedig)

  1. […] Kaapse reën (gedig) […]

  2. Raaisel sê:

    Ek sien jy speel rond met ‘subliminal messages’…
    “Bly By My”, hmmm.
    Mag jy iemand kry om mee te cuddle hierdie winter😉

  3. kaneelsuiker sê:

    Nou eers is ek so half-tevrede met hom. Sy metrum wissel steeds deurgans, so noem hom maar ‘n vrye vers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: