Onthou my

Ek sit op die strand met ‘n baie spesiale meisie en neem elke oomblik hiervan in. Die eerste ruk is effens ongemaklik. Onder omstandighede is dit moeilik om rustig te word en ek dink sy voel verplig om my geselskap te hou. My uitstappie saam met vriende het onverwags verander in iets anders toe ons twee alleen sit en vir die plankryers kyk.
“Almal het gebail, nou is dit net ek en jy, wat vir my net so lekker is. Dit is soos ons long-pending date wat uiteindelik gebeur.” Ek glimlag skaam en korrigeer dan skaam: “Nie dat hierdie ‘n date is nie, ek het dit nie so beplan nie.”

“Hou op stres, hoekom raak jy so nervous”, vra sy.

Wel, laat ek jou nou vertel hoekom.
Jy weet seker hoe ek oor jou voel. Hoe jy soos ‘n diamant skitter tussen al die ander dowwe klippe. Hoe ek sonder huiwering dadelik aan jou sy sal wees as jy dit van my vra. Ek sal aan jou alleen behoort en my lewe herrangskik om jou daarin te akkomodeer. Ongelukkig voel jy nie dieselfde nie en ek weet dit, ek het vrede gemaak daarmee.

As ek dan weet waar ons staan, hoekom is ek nogsteeds senuagtig?
Dit is omdat ek so bang is ek doen iets verkeerd, bederf hierdie dag vir jou vir wat ook al jy dit sien- vriende of whatever, dit maak nie meer saak nie. Ek wil net hê jy moet dit nou saam met my geniet. Dit is hoe jou laaste indrukke van my moet wees: iets so onvergeetlik soos wat ons eerste aand saam vir my was. Ek sal nooit vergeet hoe ons dadelik geclick het nie, hoe ons uitgesneak en buite gaan vry het nie. Hoe ons toe opgery het na die taalmonument met die volmaan aan die kant en die stad se liggies van voor en wat ons daar gedoen het nie. Hoe ek jou lank styf vasgehou het en jy heel aand na my gekyk het nie en ek sal nooit verstaan hoekom jy my nou op ‘n ander manier sien nie.

Hierdie was ons laaste vaarwel, vir ‘n slag een in vrede, soos wat dit nog altyd moes wees. The “violent delight” had no violent end after all. Onthou hierdie oggend en dra dit in jou hart, sodat jy dit kan herroep as die lewe nie mooi maak met jou nie. Aangesien ek nooit daar sal wees om jou te kan beskerm of troos nie, moet jy maar hieraan vasklou. Onthou hoe ver ons in die grot ingestap het tot daar geen lig of klank was nie. Onthou hoe ons ‘n handdoek gedeel het in die son, jy met jou musiek en ek met my boek. Hoe ek ‘n sagte soentjie teen jou wang gesteel het. Onthou hoe ek jou opgetel het en speels na die branders geswaai het en hoe ek jou hand vasgehou het oor die klippe.
Onthou my!

8 Responses to Onthou my

  1. DieDude sê:

    Dis nice, moet nou neti weer emo raak nie.

  2. annderster sê:

    😦

    jy verwoord dit so goed, dis scary. ek was al daar – in die meisie se skoene, nie joune nie. ek het al die kyk in ‘n ou se oe gesien – die kyk wat jy pas in woorde omgesit het.

    moenie vir ‘n oomblik wonder of jy ‘n indruk maak nie. jy maak verseker ‘n indruk wat sy nie sal vergeet nie.

    al wens jy dit was soveel meer as wat dit nou is.

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie! Al wat ek nou vir haar wil wees is: ‘n voorbeeld en ‘n herinnering aan ‘n goeie ou wat haar beswil te harte neem en haar aanvaar vir wie sy is.

      Dit is al wat ek wou hoor, dat ek ‘n indruk maak.

  3. annderster sê:

    jy’t my nou so geinspireer dat ek sommer weer geblog het🙂

  4. Skoor sê:

    Mooi woorde. As die dae grou word in jou hart kan jy altyd gaan stilstaan en luister na die meeue in jou onthou files!

    Tot dan, moet jy maar swot boeta, swot!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: