Hipokriet

Heer, ek vra U publiek om verskoning.

Dit was onnosel om vir U kwaad te word en dit dan nog neer te skryf op my blog. (verwysing na my gedig op 13 Maart)
U gee my presies waarvoor ek vra en na my beloftes om U wil te dien, word my hunkering na aardse plesiere groter as my getrouheid aan U.

Na ek U gevra het vir ruimte, was dit nie lank nie toe word my menslike begeertes vervul. Die uiteindelike effek daarvan was weereens hartseer.
Ek wil U dien, maar daar is altyd nog één ding wat ek voor dit wil hê.

Dit is duidelik waarom ek so gereeld teleurgestel word. Ek maak staat op mense vir my geluk.

Spaar my dan, as U sal, môre, wanneer ek weereens my eie kop volg. Mag my aksies vir niemand hartseer bring nie en miskien selfs positief wees. Al moet ek dit agter rûe doen. Laat dit eindig in vrede, Here, en bly by my.
As my wil en U wil maar net verenig kon word sou dit soveel makliker gewees het…


Jammer lesers dat ek vandag so vaag is, maar dit is die prys wat ek moet betaal vir my ongegronde beskuldigings.

2 Responses to Hipokriet

  1. Sonkind sê:

    Ag Kaneelsie, ons baklei maar almal soms met Hom. En word vir Hom kwaad omdat ons onnosel optree. More skyn die son weer, al klink dit hoeveel van ‘n cliche – dit bly waar.

  2. annderster sê:

    …🙂 ek wou reageer, maar sonkind se alles wat seker gese hoef te word.

    ek hoop dit het okay uitgewerk. ek wens jou ‘n wonderlike verhouding met Hom toe!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: