Voor ek in nugterheid hierdie delete…

Die waarheid is nog ‘n spul vrae

met die foon in my hand
en die pers op my tand,
lê ek op die vloer
en ek’s in my moer

Here, God, praat met my!
Wat gaan aan?
Wie is ek?
Wat moet ek doen?

en ek staan op
net nog ‘n pop
wat wesens vermaak
my gemoedere kraak

En my Vader is dààr,
Ja, iewers waar
Ek nie kan sien.
Tog wil ek dien!

Wie is ek?
Hoekom is ek?
en waar gaan ek heen
anders as die reën

op my graf as ek sterf
en die onkruid wat spruit
en die vlees wat vergaan
en die graf wat bly staan

I am lost, I am wasted
I had wine, I could taste it,
but it broke through my conscience
Like the truth without nonsense

Die vrae kom nou uit
Sonder antwoord, in spyt
As ek net wyser was
In vino veritas

4 Responses to Voor ek in nugterheid hierdie delete…

  1. Vlam sê:

    Moenie dit delete nie. Jy sal verbaas wees hoeveel wysheid daar soms in ‘n bottel is. 😉

  2. ELF sê:

    Ek hou baie hiervan. Dit is ook só geskryf dat ek met elke keer se lees n ander perspektief kry, in n ander paar skoene kan staan. Mooi gemaak.

  3. Sonkind sê:

    Out of the mouths of drunks and babies you will hear the truth😉

  4. kaneelsuiker sê:

    Haha and I’m all about the truth, whatever it takes! Dis darem nie ‘n gewoonte van my nie.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: