Dagga

Ek sit op ‘n bankie by die rooiplein en ek ruik die soet peperagtige reuk van dagga in die lug. Die oorsprong kan nie baie ver van my af wees nie. Is dit een van die studente op die gras wat dit in ‘n sigaret gestop het of hang dit aan die wit bedelaar wat daar sit en almal pla vir ‘n paar rand? Die cheeky bliksem. Hy speel heeltyd op jou gevoelens en neem voordeel uit onwetende jongmense. Genoeg nou oor hom, hierdie geurtjie trek elke nou en dan verby my neus.

Dit is eintlik so ‘n algemene ding. Meeste van my vriende het al dagga probeer. Hulle kry gewoonlik sommer op straat ‘n gram swak tarrie, wat altyd droog is. So dan rol hulle dit in ‘n rizzla joint met ‘n filter. Ek het al saam getrek, nog nooit baie nie en nog nooit iets gevoel nie, want dis low-grade en meer skudsels (stingels en pitte) as blom. Tog is dit maar beter as wat hulle persoonlik met dealers te raak. Daai ouens word soms lekker pushy.

Soos ek sê, hierdie meeste van my vriende eksperimenteer ook maar net so bietjie, niks ernstigs nie. Dan is daar so een of twee van hulle wat bietjie meer ervare is. Hulle het al meer, sterker goed probeer. Hulle doen die gewone ding ook anders. ‘n Stoner hou al die ente (roaches) van vorige kere en rol dit dan saam in een vet joint. Hulle sê hy het ‘n hoër konsentrase THC, baie sterk. Hulle het baie meer en sterker goed nodig om enigiets te voel.

Ek het op skool al ‘n paar drug deals gewaar. By altwee skole waar ek was. Dit was so snaaks om die outjies in aksie te sien. Hulle opereer so onnodiglik skelm. Hou heeltyd ‘n straight face, dan loop verskaffer en verbruiker na mekaar met skoolsakke oor een skouer. Hulle stop langs mekaar op die paviljoen of rugby veld, maak gelyk tasse oop, ruil pakkies uit (een pakkie met dwelms, een met geld in) en stap dan aan asof niks gebeur het nie. Bekruip ek hulle van agter en skree kliphard “Busted!” dan maak hulle of hulle niks hoor nie. Soos zombies is hierdie ouens.

So geheimsinnig en onder die radar. Van die kamermaat wat in my eerstejaar stilletjies agter my rug zolle gerol en in sy laai toegesluit het, tot die ouens in my klas wat so deur die blare lyk. Hulle is hoog, jy weet dit nie. Hierdie is ‘n hele lewendige kultuur en dit is oral aan die gang. Jy moet net weet waarvoor om te kyk of ruik.

As onskuldige het ek voorheen ‘n paar vrae gestel: Hoekom hou jongmense daarvan om te rook, te drink, hul liggame te vernietig? Hoekom is dit vermaaklik?

Nou aangesien ek al so lank hierdie kultuur aanskou het, maar nog nooit regtig deel geneem het nie, het ek besluit om dit een maal op die proef te stel. Ek wou dit vir ‘n slag behoorlik toets en dan alles neerskryf wat ek sou ervaar. Ek het geen respek vir hierdie kultuur nie, myns insiens kan dit maar oopgevlek word. Ek kon net nie hieroor praat of wonder as ek dit nooit self ervaar het nie. Toe maak ek ‘n plan om op ‘n dag ‘stoned out of my mind’ te raak, maar meer hieroor later…

9 Responses to Dagga

  1. Jong, dis ‘n baie interessante ding wat jy nou oopkrap. Kyk, dié antie van julle was mos nou al soort van round the block, soort van “been there, done it”. Gerook, het ek nog nooit. Nie sigarette of boom nie. Het baie close familie en wonderlike vriende wat gereeld ‘n pypie maak.
    En ten spyte van wat die dokters sê, het ek gevind dat daai ouens die rustigste kreature is.
    Stem saam met jou, dat dit stupid is om jou liggaam so op te foeter, maar eerder dit, as drank, want dan word mense aangerand en vrouens verkrag.
    Kan nie wag om res van jou storie te lees.

  2. Dude sê:

    Woah! Gutsy as always. Ek sien uit na jou space cakes as jy oor dit gaan skryf.

  3. mnr.muller sê:

    Sien uit na die volgende stuk😛

  4. Vlam sê:

    Beproef alles maar behou die goeie! 😆 (Maar ek wetter my seun as hy dit doen…) :mrgreen:

  5. flippiefanus sê:

    Weet jy kaneel, ek gaan nou die nat waslap in die verhaal wees en vir jou vertel dat ek nie dink dit is die moeite werd nie. Mens het nie nodig om alles in die lewe te beproef nie. Daar is goed waaroor mens eenvoudig genoeg informasie kry uit wat ander oorkom om te weet dat dit nie die moeite werd is nie. Dit is nie ‘n ervaring wat mens in jou lewe hoef te he nie. Jy kan oor baie ander goed skryf.

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie vir die waarskuwing, flippiefanus. Ek het hierdie ding al lank uitgekyk en beplan, baie navorsing gedoen en uiteindelik besluit om persoonlik te voel wat gebeur.

      Dit het ek toe gedoen, ‘n paar dae voor hierdie inskrywing en ek dink ek kan nou eerlik daaroor praat.
      Ek het wel gesien hoe gevaarlik dit kan raak en ek wil nooit weer naby so ‘n vlak van bedwelming wees nie.

      Het nou genoeg eksperimenteer vir ‘n laaaang ruk.

  6. flippiefanus sê:

    Kaneel, ek is bly om te hoor dat jy hierdie as ‘n slegte ervaring sien wat jy nooit weer wil herhaal nie. Dink jy dat alle mense na hul eerste ervaring ook so oor die saak gaan voel as jy? Ek dink die statistieke spreek duidelik dat nie almal na hul eerste keer daarmee ophou nie. Nou wonder mens maar net of dit kan wees dat as jy daaroor skryf jy party sulke mense eintlik aanspoor om dit te probeer en sodoende onwetend daartoe lei dat hulle in die slegte gewoonte vasgevang word.

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie flippie, interessante argument!
      Ek dink dit is nodig dat meer oningeligte mense eerlike persoonlike weergawes hoor van ander se ervarings, eerder as om net die statistieke te lees.

      Die probleem is as volg: Dwelms is lekker. Dit laat mens lekker voel. Ons wat veg daarteen ignoreer soms hierdie feit. ‘n Nuuskierige jongmens soos ek wil bitter graag weet wat presies dit aan mens doen, hoekom dit lekker is asook wat daarvan sleg is, maar uit ‘n objektiewe oogpunt.

      Aan die een kant het jy ouers en skole wat baklei teen alle dwelms, sowel as die wet wat dit verbied. Aan die ander kant het jy jongmense en kinders wat hulself oorgee aan dwelms en baklei dat dit lekker is.
      Ek kon nie die ‘stoners’ glo nie, want hulle vertel nie van die slegte deel van die ervaring nie. Ek het dus besluit om, so objektief en eerlik as moontlik, oor die effek van dagga te skryf, met die hoop dat dit nuuskieriges soos myself die informasie sal gee wat hulle gesoek het.

      Die besluit of hulle dit gaan doen moet hulle steeds self maak, maar ek berei hulle voor vir wat op hulle dan wag.

      Al my gereelde lesers is volwassenes wat reeds hulle lewensbesluite gemaak het. Ek het gehoop dat dit vir julle ‘n eye opener (en bietjie vermaaklik) sal wees van hoe algemeen hierdie gebruik is.

      Is die rede waarom hierdie kultuur so geheimsinnig en onder die radar plaasvind nie moontlik omdat die algemene ou dit probeer ignoreer nie?

      Ek verwag ‘n lang reply!😉

  7. flippiefanus sê:

    Wel Kaneel, jou redenasie is nogal oortuigend. As ek jou reg verstaan wil jy as jong mens ‘n objektiewe beeld van die ervaring uitbeeld wat toon dit alles nie net lekker is nie. Jong mense is soms geneig om eerder na ander jong mense te luister en nie na ouer mense wat net op die slegte fokus nie. Dus klink dit my jou motiewe is tog edel. Vergeef my as ek dit aanvanklik verkeerd verstaan het.

    Die ding is dat mens (jong en oud) die volledige prentjie in gedagte moet hou. Mens moet nie net op die onmiddelike “lekker” deel fokus nie maar ook die nagevolge in gedagte hou. Die nagevolge kan verreikend en baie negatief wees sodat dit op die ou end die lekker deel totaal oorskadu.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: