Ice tea

In die ekonomiese laagwater waarin ons tans swem, word daar van baie verwag om algemene luukshede uit te sny. Ons het seker elkeen ‘n paar wysers en alternatiewe wat die water meer drinkbaar maak.

Gepraat van drink, hier is die eenvoudigste resep vir ‘ice tea’ wat jy ooit sal kry. Dit spaar op die sap en dit les jou dors en as jy dit gereeld drink, word jy maer (ek dink).

Bestanddele: -Rooibostee (belangrik!)
-Sap (appel, appelkoos en perske werk goed)

Kook die tee op die stoof. Laat dit afkoel. Gooi in ‘n glas ding en meng met een- tot twee-maal soveel sap as tee. Sit dit in die yskas, natuurlik.

Dié van julle wat gewoond is aan baie suiker en melk in julle tee mag aanvanklik nie vreeslik van die wilde rooibos smaak hou nie, maar mens raak dit gewoond (en later daaraan verslaaf).

Kaneelman, uit!

10 Responses to Ice tea

  1. Colleen sê:

    Ek woon nou in die VSA, maar toe ek die woord “kaneelsuiker” sien het ek onmiddelik besluit ek moet hier kom kuier! Deesdae koop ek rooibostee “online” by http://www.theafricanhut.com

    • kaneelsuiker sê:

      Welkom, Colleen! Die lekkerste vir my is die rooibos cappucino’s wat hulle in Mugg&Bean en ander koffie shops hier aanbied. Rooibostee groei ook al hoe meer in populariteit oorsee.
      Daar is ‘n lekker Wikipedia artikel oor rooibos, ek het skoon trots gevoel toe ek dit lees.

  2. Kerneels… Het jy van jou posts uitgevee?

  3. kaneelsuiker sê:

    Ek wou graag nog skryf hieroor. Verhouding wat nie uitgewerk het nie, maar haar ma blog ook, so… liewer nie…

  4. Skoor sê:

    Fanks vir die lekker resep!!

  5. annderster sê:

    uitgevee omdat haar ma ook blog?
    😦😦😦

    ek weet nie of dit vir jou so sleg is soos dit vir my was nie, maar ek’s hartseer dat jou blog moet gesensor word.
    😦

    • kaneelsuiker sê:

      Ai, dis nogal ‘n tricky ene. Die post wat ek gemaak het was te eroties om vir bekendes te laat lees. Mense sou op ‘n nuwe manier na my gekyk het.😛

      Regtig jammer dat jy dit nie gelees het nie. Sou hom moontlik nog kon email…

      • Chris sê:

        Jis suiker, ek het nou eers op jou blog afgekom en besef dat jy heel moontlik nie meer aktief is nie, maar as jy dalk nog hierdie lees, forward asb die deleted blogs. ek geniet die wat hier tans is baie en sal graag die ander ook wil lees. jy het nogal ‘n genuine slag met woorde, of dit nou liefde of ‘n trip is, als is nogal legit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: