As die seep val…

Moet jy maar buk, boet!

So, metafories gestel; jy bly in ‘n manskoshuis waar elke gang hul eie badkamer deel. Die storte is oop, dìt deel jy ook, sommer om bietjie gees te bou. Dit is nogal ‘n goeie plek vir male bonding. Die storte word van die res van die badkamer afgesonder deur sulke aaklige groen dikplastiek flappe wat jou boude klap al loop jy hoé versigtig deur. Nadere inspeksie van hierdie koue, deurskynende flappe sal die een of twee odd swart, kronkelende hare toon. As jy een sou vat en uitrek, sou dit ontveer ongeveer 10 cm lank wees.
Janee, mens deel die storte met aap-mense ook. Dis eintlik nogal skokwekkend as een kreatuur jou oog eenmaal vang en jy foutiewelik afkyk en gewaar: It’s a jungle down there! Die man se arme vrou eendag, hoe gaan sy nie moet soek… tsk tsk tisk.

Dan gebeur dit een oggend dat jy heel vaak na die stortplek strompel. Jy draai die rooi kraan woes oop en gewoonte laat jou wegkoes vir die eerste koue sproei en dan kyk jy deur jou slaap na die beweging van die stroompies af na die drein. Wanneer jy die stoom teen jou gesig voel blaas, dan skakel jy die koue kraan oop, sonder om aan die warm te stel, want die koshuis se waterdruk is nimmereindigend. Dit hou net nie op nie. Na ‘n dag se harde arbeid is dit hemelse masseerterapie. Nou is jy sterk besig om wakker te word, maar hand met die seepkissie is nog lui. Hy keer toe nie gou genoeg toe die oorvol rakkie nie wou plek maak vir ‘n nuwe koekie nie. En daar tuimel jou enigste, eie skoon sepie af (seepkissie val ook en breek) en gly soos die gladde ding wat hy is tot in die voortjie en af met die water tot onder. As jy gelukkig is, dan het iemand sy shower gel aan ‘n kraan vergeet. As jy ongelukkig en desperaat is, dan loop jy maar tot onder en tel hom uit waar hy nou so dammetjie water agter hom opgebou het. Jy vryf hom eers teen die muur om die ergste laag vullis af te kry en dan nog behoorlik onder die kraan voor dit weer aan jou lyf mag raak. Jy is nogal gewalg deur die feit dat Pietie gewoonlik piepie in die stort en die slym in die sloot is ‘n perfekte broeiplek vir ‘n saprofiet wat nou op jou gaan lewe.

As jy werklik ongelukkig is, is jy nie die enigste een in die stort nie en moet jy nou hurk voor ‘n ou wie se seksuele identiteit en frustrasie vlakke onbekend is. Dit is in tye soos hierdie wat ons òf uitmuis en die stort ongestort verlaat òf ons buk maar af en vat dit soos ‘n man…

18 Responses to As die seep val…

  1. Sonkind sê:

    Nee o vrek! Ek sal net shower gel koop en dit om my NEK hang en verder aan flippin NIKS raak nie en met plakkies aan stort! Ek gril my in ‘n ander lewe in!!!

  2. Krista sê:

    Is dit nie hoekom soap-on-a-rope uitgedink is nie?😳

  3. kaneelsuiker sê:

    My punt is dat daar ‘n paar keer in die lewe ‘n tyd kom waar mens maar jou trots moet sluk en in vernedering afbuk om die beste van die situasie te maak.

  4. flippiefanus sê:

    Dit laat my terugdink aan my koshuis dae. Kan nie onthou of ek ooit enige vrees gehad het om af te buk as ek my seep moes optel nie, maar ek kan onthou dat die ouens nogal daaroor gespot het. Ek dink egter dis sommer ‘n gespottery.

  5. mnr.muller sê:

    Hehe. Dit herinner my aan die stortetiket-video wat vir een huisvergadering gemaak is!

  6. Skoor sê:

    Yuk!!! Sal my dryf tot 5liters JIK op ‘n agtermiddag in daai stort.

    Ek hoor gereeld daar is niks soos seep en water nie…miskien moet jy maar vir sepie eers afwas😆

    Lekker grillerige storie

  7. Vlam sê:

    Plakkies, ja, en leer hoe om reg te buk: BUIG die kniegies, ten alle tye! Om te wil buk met reguit bene, is nou vra vir moeilikheid. 😆

  8. annderster sê:

    ek’s nou super trots dat ek nie juis gegril het om dit te lees nie.

    lieflik walglik, dankie. en welkom terug op die bos en die blogosfeer!🙂 het jou gemis.

  9. Ek sou nie in die koshuis kon aanpas nie… nee… dis die een ding waarteen ek opsien nou met die nuwe venture om blyplek te deel…ek moet die badplek deel…🙄

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: