Ek wil blog :(

Ek dink heeltyd aan goeie stories en gedigte, maar ek neem altyd lank om iets te skryf. Op die oomblik het ek nog toetse en take en kan ek nie die nodige aandag gee aan goeie inskrywings nie.

As julle besoekers met my wil praat, doen dit gerus. Ek kom loer nog gereeld in. Julle kan selfs vir my vrae vra, wat ek eerlik en op my tyd sal beantwoord.

Dankie vir die besoeke, selfs al gaan hier tans niks aan nie.

14 Responses to Ek wil blog :(

  1. illuminerend sê:

    😆

  2. kaneelsuiker sê:

    Dankie Annora🙂

  3. illuminerend sê:

    Jys welkom!

  4. Vlam sê:

    Sterkte met die toetse en take. Dis nie lekker as die regte wereld mens se droomwereld oorheers nie. 😉

    Tot jy weer terug is, wag ek geduldig.

  5. Sonkind sê:

    Wat swot jy/ Is nie seker of jy al vertel het nie en ek is te lui so op die Saterdagmiddag om te gaan soek🙂

    En kom jy oorspronklik van Stellenbosch af of waar het jy grootgeword?

    • kaneelsuiker sê:

      Ek het nog nie vertel nie. Ek swot BSc Menslike Lewenswetenskappe met Sielkunde. Ons bestudeer die mens vanuit verskillende velde.
      Die wetenskaplike benadering behandel die menslike fisiologie (orgaan stelsels, anatomie en makro prosesse van die liggaam); Biochemie (die sellulêre vlak) en Genetika.
      Dan is daar sielkunde, wat die sosiale aspek van die mens ondersoek.
      My kursus is baie interessant, maar wat dit moeilik maak is die volume werk wat jy veral in die derde jaar moet leer. Dit raak baie abstrak met die molekules en selprosesse, waar mens ‘n hele nuwe verwysings raamwerk van voor moet bou. Ek het Fisika en Wiskunde in my eerste jaar gehad, wat vir my makliker was, omdat mens daar antwoorde kan uitwerk i.p.v. uit jou kop uit leer. Dit is nou my derde jaar en in die toekoms wil ek graag ‘n onderwys diploma en ‘n M graad in Sielkunde ontvang.

      My kreatiwiteit en ‘droomwereld’ word nogal onderdruk deur al die wetenskap en feite.

      Ek het groot geword in Stellenberg- tussen Durbanville en Bellville in die Kaap. My gesin het getrek aan die einde van my graad 10 jaar en bly tans nog in die Paarl. Ek bly in ‘n koshuis op Stellenbosch.

  6. Toemaar my werk meng ook in met my bloggery!

    Jis, wiskunde vir jou maklik?😕

  7. ding sê:

    Hmmmm… kaneelsuiker klink soos pampoenkoekies, souskluitjies en pannekoek, ja. Ding hou van al daai. Maar gaaf, Soetgoedjie, vertel tog vir Ouding wanneer jy wil, en as jy wil:
    1. Hoekom / hoe het jy op hierdie studieveld besluit?
    2. Wat wil jy met die kennis bereik – hoe / waar sien jy jouself dit gebruik?
    3. Onderwys met ‘n M in sielkunde? Deur die keuringsproses te gaan en die studie te voltooi en dan te wat?
    4. Watter veld in die psigologie sou jy verkies om in te spesialiseer?
    5. Wat sou jou onderskei van die volgende student, reken jy?

    • kaneelsuiker sê:

      Jammer Ding, die antwoorde is nogal lank.

      1) Ek het op skool baie van biologie gehou, maar ek wil graag mense se probleme oplos. Net voor ek aansoek tot ‘n universiteit moes doen het die sielkunde gogga my gebyt. Ek was van mening dat die kennis my persoonlik sal verryk en dat ek meer mense daardeur sal kan help. Toe het ek van hierdie BSc kursus uitgevind waar ek biologie i.p.v. BA vakke kan neem, nogsteeds met die moontlikheid van nagraadse studie in Sielkunde. Wat ek nie geweet het nie was dat dit baie meer dissipline sou verg as wat ek bereid was om toe te pas.

      Die rede hiervoor is dat op skool altyd op my redenasie vermoë staat gemaak het en nogsteeds goed gedoen het. Op eerstejaar was dit nog moontlik, maar my tweede jaar het gesukkel en derde jaar het my nou oorweldig, omdat dit net massas leerwerk sonder enige logika is.

      2) Die kennis in wetenskap maak vir my alternatiewe deure oop indien ek sou weg beweeg van sielkunde. Ek is nogal geintereseerd in stamsel navorsing, onder andere. Dit leer mens ook om meer sistematies te redeneer oor die algemeen. Wetenskap het my perspektief oor die lewe en geloof verdiep.

      3) Om realisties te wees, moet ek aanvaar dat ek nie dadelik keuring vir nagraadse studies in Sielk sal kry nie. Ek wil eers tydelik skoolhou, want ek het ook ‘n groot passie vir kinders (Ek sal nog hieroor blog) en miskien meng ek eventueel die twee rigtings… dit sal ideaal wees. Ek wil later in my loopbaan weer ‘n wisk/wetenskap/biologie onderwyser word🙂

      4) Dus, mens sal kan aflei dat ek iets in die kindersielkunde sal wil doen. Die moontlikheid is steeds daar om klinies te praktiseer en laastens sal ek ook graag gemeenskapsielkunde wil toepas. Meng die drie en jy kry ‘n kliniek in ‘n plakkerskamp, waar ek met die gemeenskap interaksie het en spesifiek vir kinders terapie bied.

      5) Ek sou sê ek is maar ‘n gemiddelde student, wat onder my potensiaal presteer, slaap in die klas en nes die volgende student maar net wil deurkom. Waar dit egter kom by inligting wat ek belangrik vir my toekoms ag, sal ek wyer lees as wat van my verwag word en in ‘n werk situasie is ek innoverend en baie meer produktief, mits ek die vryheid het om ook my eie ding te doen.

      Ek was nog nooit geesdriftig oor sukses of status nie. Ek streef nie daarna om eerste te kom nie. As ek iets bemeester het, beweeg ek aan na die volgende uitdaging. Ek is meer ingestel op doeltreffendheid.

  8. annderster sê:

    hey kaneelsuiker – ek’s jaloers op al die mense wat jou blog lees, myne het nooit ‘n baie hoe leserstal gehad nie!

    sterkte met die toetse.

    • kaneelsuiker sê:

      Hi ann, dankie vir die sterkte. Ek hoop jou werk is darem nie te veel nie.

      Die trick lê in my naam. Mense assossieer maklik met geure. As ek aan pampoenkoekies dink, raak ek sommer nostalgies😉

  9. mnr.muller sê:

    Hey, post solank drafts (konsepweergawes) van jou stories/gedigte.

    Gebruik dié blog om die proses aan die gang te sit, en kommentaar ter verbetering aan te hoor.

    Daar’s g’n rede hoekom hierdie bloot ‘n ruimte vir finale, afgeronde (teks)werke hoef te wees nie, is daar?

    Skryf, herskryf, beskryf, maar moenie nie-skryf nie.

    Sterkte met jou toetse. Knoop die katte se sterte.

    • kaneelsuiker sê:

      Ek dink ek sal maar die goed begin neerskryf, want ek het nou al klaar weer ‘n paar konsepte vergeet vandat ek hierdie inskrywing gemaak het.

      Ek verkies egter om werke hier op te laai wat al redelik aan geskaaf is. My drafts is mal deurmekaar en onsamehangend. Ek herhaal sinne en los woorde wat nie vir iemand anders sou sin maak nie. Dit sou effens van die effek wegneem.

      Miskien doen ek wel so iets, maar dan moet ek my drafts anders formuleer. Ek sal met my volgende inskrywing iets nuuts probeer.😉

      • mnr.muller sê:

        Hm, jy sou eers drafts kon save, ja, en dan elke derde keer ene opdiep en skaaf totdat dit “reg” is vir “publikasie”.

        Ek doen egter die teenoorgestelde: Terwyl die idee nog vars is, tik en post ek dit, kry dan skaam, en edit dit dan verwoed totdat dit amper sin maak.

        Maande later as ek weer op die post afkom, sien ek nóg foute raak. En dan wysig ek dit maar net weer.

        So verfyn jy dit ad infinitum.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: