Versteekte pêrels

My kamermaat en sy meisie het besluit om berg te gaan klim en terug te kom voor skemer. Hulle het my gevra om saam te kom en hierdie spontane initiatiewe leef ek mos voor. So, vinnig Spar toe vir ‘n pakkie droëwors, energade en ‘n 4-pack Peroni en daar gaat ons. Sommer so vanaf die hokkie velde by Coetzenburg het ons die voetpaadjie geneem om uiteindelik bo-op Stellenbosch berg te kom en daar uit te span.
Halfpad boontoe besluit ons sommer om ons eie pad te maak, omdat ons nie die regte een kon vind nie en na die Somer se brande is dit redelik oop geskroei. Eers bo uitgekom, soek ons toe ‘n plekkie waar die wind ons nie sal pla nie en waar ons rustig kan sit en kyk hoe die stad se liggies aangaan. Ons kry toe ‘n klomp rotse wat net reg gedraai is om die wind te keer en wat ‘n breë uitsig bied. Ek was besig om die biere uit te haal, toe ek hierdie klein kalant gewaar, nie vier meter van my af nie. rots met hasie

Dit was natuurlik ‘n groot verrassing vir ons wat net ‘n halfuurtjie weg van die beskawing wou gehad het. Ek het vir hom ‘n bier aangebied, maar hy het roerloos gesit en maak of ons hom nie sien nie. Ek het selfs vir hom ‘n klein stukkie droëwors op die klip gelos, want ‘n vegetariër moet net proe hoe lekker vleis smaak, dan is dit verby! Ons groet toe maar vir Ore en ek down die laaste bier, want dit het langer aangehou as wat ons verwag het. Aan die een kant was ons gelukkig, want kyk net hoe mooi was die uitsig. Uitsig

Aan die ander kant… wel, dit was donker, steil en ons pad terug was ‘n droë rivierloop met los klippe. Arme meisie was ook bietjie benoud met die stories van aanvalle wat in die aand gebeur teen daai einste berg, maar ek en roomie het ons borskaste uitgestoot en haar belowe ons sal hard terug baklei.

My eintlike punt is dat mens hierdie klein juweeltjies raaksien as jy ingestel is daarop. Ek werk nou aan ‘n gedig met dieselfde rymskema en metrum as ‘Peace‘. Dit sal sy suster-gedig wees en sal spesifiek gaan oor hierdie tipe dingetjies wat my asem wegslaan.

2 Responses to Versteekte pêrels

  1. Skoor sê:

    Aag ja, ons mooie dorp. Tog so jammer dat skobbejakke en skurke dit vir ons haas onmoontlik maak om op ons eie rond te drentel na waar jy tot in more kan staar!

  2. Sjoe dis darem asemrowend mooi! Ek het’n ding vir wolke en sonsondergange!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: