Oor my onsigbare inskrywings

Die rede waarom ek sommige van my geskrifte met ‘n wagwoord beskerm, is omdat ek nie negatiwiteit op mense af wil forseer nie. Ek wil dit nie wegsteek nie, net beskerm.
Die probleme wat ek tans in my lewe ondervind mag vir iemand bo 40 lyk na niks, omdat hulle moontlik al baie erger goed beleef het. Daarom gaan ek dit nie vir die publiek sigbaar maak nie.

Gewoonlik gaan hierdie posts oor tye in my lewe wat my depressief gemaak het, so dit is effe persoonlik en ook baie sinies. Ek kan nog goed onthou toe my juffrou in standerd 4 vir ons klas gevra het wie almal hulself as pessimiste beskou en ek allenig my hand opgesteek het. Ek wonder onder andere soms of die primêre dryfkrag agter die lewe nie dalk selfsug is nie.

Ek is ‘n sucker vir meisies met issues. Ek weet nie waarom nie, maar die voëltjies met die af vlerkies trek my net aan. Dit bring gereeld teleurstelling in my lewe.

So indien jy wel daarin belangstel om oor my gehuilery te lees; al hierdie posts se wagwoorde is 1 en dieselfde. E-mail my is jy dit nie verstaan nie en jy wil graag lees. Ek gee daai 1 wagwoord vir almal wat vra.

Dit is gewoonlik net ‘n klomp melodrama, so ek sal eerder aanbeveel dat jy my publieke inskrywings lees. Moet nogtans nie bang wees om kommentaar te lewer as jy die behoefte kry nie.

3 Responses to Oor my onsigbare inskrywings

  1. ELF sê:

    Double wow ..

    Hierdie blog, sjoe, iets hierin ontvoer mens na n plek tussen terug-verlang-en-weer-onthou, dis dejavu, dis n spieel, dis wegkruip tussen lyne ..

    Jou woorde het my stilgeskryf vanaand .. iets wat min mense met die eerste lees daarvan regkry.

    Dis asof iets in my wil weghardloop juis omdat ek die decor so goed ken, en tog, asof dit my terselfdertyd terugtrek en gevange hou .. om nog te lees.

    Incredible.

  2. Kaneeltjie… Onthou hierdie is JOU domein en jy moet nie eintlik ‘n duit omgee of mense dit negatief ervaar nie! As dit die geval was (is) moet hulle nie hier lees nie.😉

    Hey Looky-Here…Elf! Hoe gaan dit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: