Uit kamermaats se gesprekke: Pieter

Soos dit seuns of jong manne betaam, geniet ek dit om met my kamermaats oor die grootste klomp tos te gesels tot laat in die aand. Mens sal dink ouens praat meestal net oor karre, sport en tiete, maar ek kan nie eers onthou wanneer laas een van hulle die onderwerp van ‘n gesprek was nie.

My huidige kamermaat in ons woonstel is twee jaar ouer as ek. Hy is besig met sy skripsie in Meganiese Ingenieurswese en het (skynbaar) baie meer tyd as ek, omdat hy nie klas loop nie. Hy was ook een jaar my ouer broer se kamermaat toe hulle in die koshuis gebly het.

Ons kom baie goed oor die weg en het altwee sterk maagspiere ontwikkel, wat gereeld geoefen word as ons vir mekaar lag. Ons stem baie saam oor dinge en het die belaglikste stories om te vertel.

Ek vertel my kamermaat van my droom vanoggend. Hy weet my onderbewuste gedagtes is boos (ek sal nog meer daaroor skryf). Ek was in ‘n verlate stedelike area, waar al die geboue onbewoon en vervalle was en daar geen lewe vir kilometers om my was nie. Toe ek nog so loop, toe val ek in dryfsand wat my woes begin afsluk het, totdat ek nie meer kon uithou nie en wakker skrik.

“Mens moet altyd jou seëninge tel, selfs al sink jy weg in die sand”, was my kamermaat se reaksie. “Miskien het jy dan net-net ‘n zombie outbreak gemis.”

Ek gaan van ons meer belaglike uitinge begin neerskryf, want dit is regtig kosbaar. Van dié wat ek kan onthou hy gesê het:

“Ek haat dit as daar tandepasta by my asemhalingskeel afkom.” -al hoestend by ons kamer ingeslenter

“Jou fan heater skep ‘n lekker sub-klimaat in ons kamer.” -een koue wintersdag

“Ek was soos een van die kreupel kindertjies, wat heel voor in die klas gesit het. Nie omdat ek stout was nie, maar omdat ek nie lekker kon spel nie. Dan sit ek by al die varke, al die mense wat kak maak. Dit was vir my baie erg gewees.

Alles het gekom van sub B af.

In sub A was ek in leesgroep nommer 1, beste lesers in die klas!

Toe ek in sub B kom toe was ek in die heel laaste groep. Dit was net soos ‘what the vark?’. Al my maatjies was daar oorkant besig om lekker te lees, nou sit ek by al die ouens met die skeel oë en shit.

…kyk ek so oor my skouer na al my maatjies wat hulleself geniet, maar elke keer as ek moet lees dan moet ek ook my oog trek om in character te wees.

Die juffrou het een keer my ma ingeroep, want ek het op die mat rondgerol toe die inspekteur daar was. Groot kak! My ma was eers in ‘n toestand, die juf het haar gebel en gesê ek’s possessed of iets. Dit was die inspekteur van die onderwysdepartement, ek was sub B, ek weet f’kol …standerd 2 of iets…

Van toe af het ek haar nogal gereeld gesien, elke keer dan vertel ek haar hoe gaan dit nog met die ingenieurswese. Sy het ook gehoor van al my prestasies op hoërskool. Dan is daar altyd so bietjie tension tussen ons. Jy kan sien sy wil om verskoning vra vir wat sy aan my gedoen het.” -oor hoe misverstande met juffrouens op skool mental scars veroorsaak het.

Ons het eenmaal oor ‘n celebration (‘n hubbly bubbly sessie) gesit en filosofeer oor die lewe en Nik Naks. Toe kom ons tot die gevolgtrekking dat Nik Naks gemaak word op die volgende manier: Hulle gooi ‘n klomp MSG, kaas en corn starch bymekaar, kook dit saam en gooi dit uit in panne om oornag kristalle te vorm wat hulle dan die volgende dag oes.

2 Responses to Uit kamermaats se gesprekke: Pieter

  1. annderster sê:

    hehehe… ek het nou hardop gelag. ek was nog altyd oortuig seuntjies het ‘n WAY erger tyd op skool omdat amper al die onderwysers in die laerskool vrouens is.

    oog trek om in karakter te wees… WTF!! haha!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: