Hubbly bubbly: Hoe ek hom rook (ouer inskrywing)

Daar is ‘n hersiende weergawe hier:

Ek haat sigarette. Dit trek in mens se hare en klere in en stink!
Ek het al hard probeer om te verstaan waarom mense so aanhou om dit te doen. Elke keer laat dit net my longe brand en my tong proe sleg vir ure daarna.
Ek glo elke stokkie wat gerook word is ‘n offer aan Satan. Dit is volgens my ‘n sinnelose aktiwiteit, wat sosiaal ingeboor is deur tabakmaatskappye waar die base agteroor sit en lag vir die mense wat hulle advertensies navolg soos skape. Het jy geweet dat rolprente vroeërjare duur betaal is om die hoof akteurs te laat rook, sodat dit ‘n aantreklike beeld vir die publiek kon skep? Deesdae rook die filmsterre uit tradisie, sonder om ‘n sent daarvoor te ontvang. Ek sal eerder met my self(oon) speel as my hande verveeld is.

Daarenteen is hubbly bubbly ‘n sosiale aktiwiteit, waar die rook nie so stink en intrek in alles nie. Dit vul eerder die omgewing met ‘n seleksie van aangename aromas, min of meer soos wat wierook sal. Die volume rook uit ‘n trek van die hubbly is baie meer as dié van ‘n sigaret. Dit maak dat ‘n mens kan rondspeel met vorms en kreatiewe maniere om die rook uit te blaas. ‘n Algemene uitdaging is om kringetjies te blaas wat wissel in grootte, dikte en die spoed waarteen hulle trek.

Ek geniet dit om so een aand van die week net agteroor te sit, musiek te luister of ‘n storie te kyk, terwyl ek hubbly rook saammet my kamermaat. Hy het ‘n blou een met ‘n deurskynende pyp van 2 meter. Ons praat van ‘celebrate’, as ons na ‘n dag se werk vir so 40 minute in die kamer een opsteek en saam rook. Ons vier dan net die lewe met die vryheid om gemaklik agteroor te sit, terwyl ons kamer opvul met heerlike geure en spokies wat in die lug rondbaljaar.

Ons eksperimenteer met verskillende geure molasse en mengsels daarvan. Van ons gunsteling geure is:

*Kaneel
*Vanielje
*Aarbei
*Bombay Pan Masala: so ‘n boheemse geur wat herinner aan daai pienk pillekkertjies of wierook
*Kersie
*Gemengde bessies
*Silver fox: dit het so ‘n soet liquorice smaak
*Mango: dit maak die meeste, digste rook en het ‘n moerse skop (headrush)

Dan meng ons gereeld die geure en die volgende kombinasies is baie suksesvol:

#Kaneel en vanielje
#Pan Masala en kaneel (as jy ooit die boek ‘Dune’ gelees het, dan is dit hoe ek my verbeel die speserye moet ruik)
#Appel en peperment (daar water my mond nou)

Ek weet egter van die nadele op my gesondheid. Hubbly rook is gevaarlik op die volgende maniere:
-Die rook is karsinogenies
-Dit beskadig mens se tandvleis
-Dit kan water op die longe veroorsaak
-Mens kan tuberkulose of ander infeksies in die longe opdoen
-Nikotien is verslawend

Een uur se hubbly sessie lewer tot 200 keer die volume rook wat deur een sigaret vrygestel word. Selfs al trek die rook deur water, bly daar steeds swaar metale en giftige stowwe agter, sê: http://www.mayoclinic.com/health/hookah/AN01265

Afgesien hiervan, rook ek nogsteeds hubbly, want ek glo in matigheid. Volgens my is dit die moeite werd, maar ek het streng reëls waarby ek hou.
1) Die pyp moet van deurskynende silikon wees, want ek wil sien wat in my longe ingaan. Die standaard pyp wat mens saam met ‘n hookah kry het ‘n yster draad binne, wat roes en klein stukkies afgee.
2) Ek rook nie meer as drie maal ‘n week nie. Gewoonlik hou ek by een keer ‘n week.
3) Die hele hubbly moet skoon gewas en droog gemaak word na elke sessie.
4) Ek deel nooit ‘n hubbly met vreemdelinge nie.

Lewer gerus jou opinie oor die waterpyp of vertel van jou gunsteling geur kombinasies.

16 Responses to Hubbly bubbly: Hoe ek hom rook (ouer inskrywing)

  1. doodee sê:

    Wag, peach en melon

  2. mmm, daggarook en die tipe rook is soos jy tereg se, veel-veel erger vir die longe as sigaretrook. ekself weet van beter, maar ek hou maar by die sigerette.

    ek hou nie van waterpyp rook nie, omdat ek nogals gril om ‘n mondstuk met ander te deel, of nog erger, dit in ‘n restaurant te bestel en dan te dink wie almal se monde voor my daaraan gesuie het.

  3. kaneelsuiker sê:

    Ewww, janee. Ek het nog nie en sal ook nie ‘n hubbly in ‘n restaurant bestel nie. Ek hou maar by my eie een, want ek weet hy is skoon.

  4. illuminerend sê:

    nog nooit geprobeer nie

  5. illuminerend sê:

    ek het nie eens geweet dit kom in geure en bessies nie , soos jy vertel klink dit nogal huhm ontspaaanend wowoie… ek hou van sigarette… buite… waar die rook meng net die soutsoetblom aand van die soele lent droogstof en dies meer.. hmm
    HMM!!

    • kaneelsuiker sê:

      Nee, as ek so sit en werk en my roomie rook en daai soet reuk travel my kant toe dan is dit verby. Mens kan lank sit en net kyk nie hoe die rook in die lug rond draai.

  6. illuminerend sê:

    liewe fok eks nou donners lus vir ‘n sigaret wat ek nie het nie het fokken lanklaas gerrook

  7. illuminerend sê:

    jy klink nogal pret. wats jou naam?

  8. illuminerend sê:

    ek LOVE tennis beskuikies

  9. katjiepiering sê:

    hi Neels dankie vir die welkom… kom daar dan ROOK uit ‘n hubbly bubbly pyp ? soos jy vertel lyk dit so

    • kaneelsuiker sê:

      Ja, dit is ‘n digte rook gemeng met waterdamp, veel digter as die rook van ‘n sigaret. Nie so onskadelik soos die mites lui nie…

  10. Wipneus! sê:

    Mmmmm 😆 Vanilla vir my dankie en ek deel nie my pypie nie!! 😛

  11. kaneelsuiker sê:

    Cherry en Cola, new favourite🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: