My retoriese vrae

Ek was eens van menswees vervreem.
Om eie aan myself te bly,
Het ek deelname meestal vermy
Ek het niemand met my saamgeneem

Op my dwaal-reis in fantasie
Daar het ek rondgesweef,
Gemaklik, maar eensaam geleef
En tevrede was ek nog nie

Toe val jy my by en net daar,
In ons gesprekke laat in die nag,
Besef ek deur al die gelag
En vrae (nou dat ek hul gewaar)

Daar’s mistiek versteek in realiteit
Hoeveel warmte’s agter jou glimlag
Watter gevoel sal my oorweldig
As dit net ek is in jou teenwoordigheid

Ek het antwoorde gehad tot nou.
Hoeveel skatte lê tussen ons begrawe
Sal jy my van verskrikking kan lawe
En een laaste vraag aan jou:

Sal ons ooit saam net kan reis,
Verstar die wêreld kan bekyk
Net kan sit en voel en ruik
Wyl tyd soos die wind verby suis?

8 Responses to My retoriese vrae

  1. Raaisel sê:

    So, jy was eers alleen en toe word ‘n bekende iemand meer as net ‘n bekende. Jy is nog ongemaklik en onseker oor die situasie, maar jy sien potensiaal in jul verhouding; “hoeveel skatte lê tussen ons begrawe”

    My raad: Vergeet al die vrae en neem die reis, julle sal by mekaar leer en aanpas😉

  2. kaneelsuiker sê:

    Wow, ek het gedink dis ‘n diep ene. Blykbaar toe nie… jy het die verhouding kolskoot raak beskryf.

    Verder gaan die gedig ook oor my en hoe ek onwillig was om my alleen-wees prys te gee. Hoe ek soms as ‘n dromer ‘incompatable’ is met mense wat altyd besig moet wees met iets produktiefs of rede agter alles soek. Ek wil gereeld net ‘idle’.

    Dankie vir jou raad, maar ek post soms gedigte wat nie net op my huidige situasie van toepassing is nie, maar eerder handel oor gevoelens en oomblikke wat ek iewers langs die pad vasgevang het.

  3. Raaisel sê:

    Haha, dis maar net iets wat ek verstaan omdat ek self daardeur was. As mens te lank single is, dan raak jy baie vol fiemies. Mens ervaar mos aanvanklik druk as jy skielik moet plek maak vir nog iemand wat jou lewe met jou deel.

  4. doodee sê:

    Hi da, die einde is nice. Ek het eers nie gesien wat raaisel gesien het nie. Ek hou van jou ligter goed.

  5. kaneelsuiker sê:

    Dankie Nikita en welkom. Hey doodee, bly jy’t my blog gevind. So hy is tog diep, maar nie té diep nie. Volgende keer sal ek ‘n I Am The Walrus skryf sodat niemand dit kan verstaan nie😉

  6. ELF sê:

    Jy praat n taal wat ek verstaan en trek die pleisters goedsmoeds van wonde af wat nie in vandag-en-more se tyd gaan genees nie. Daar is iets in jou woorde wat maak dat ek die emosie daarin kan raakvoel met my vingerpunte en my oe geblinddoek. Mens lees dieselfde paragrawe oor en oor, om seker te maak jy het nie dalk n lettergreep gemis nie .. just to be able to take it all in.

    • kaneelsuiker sê:

      Dankie Elf, dit beteken vir my baie om te weet dat iemand haar tyd neem met my gedigte en dit dan interpreteer. Ek kon nie vir meer gevra het nie.

      Emosionele letsels gee ons naakte siele karakter. Elke skrapie is ‘n les en elke wond wat genees wys jou staal. Dit help nie mens steek hierdie goed weg nie, want of ek daarvan hou of nie, dit maak my wie ek is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: