Myne

Ek breek jou af
en bou jou op

Jy skud jou kop
ek hou jou dop

Ek maak jou woedend
en lam en skaterlag

Jou lewe in eenvoud
kom ek en kompliseer

Alles mooi georganiseer,
in bokse geplaas
elke ding waar dit hoort,
soort by sy soort,
kom ek en skuif dit rond
weer heel deurmekaar

Maar ek ken jou goed
en ek weet wat jy benodig
die bietjie is genoeg
om behoeftes te bevredig
om met my uit te hou,
dis die keuse wat jy maak

Wat ek jou gee is als
wat jy werklik wil hê

Dan beur jy eens weg,
maar ek trek jou terug,

Hou jou styf vas
en jy hoor weer:

Gee net op,
jy’s myne!

7 Responses to Myne

  1. Sonkind sê:

    Jy skryf regtig goed wat binne slaan. Baie mooi🙂

  2. angelthinking sê:

    sjoooeweee … miladeee…

  3. kaneelsuiker sê:

    Dankie Sonkind!😀

  4. annderster sê:

    ek is die kopskud-vasskopmeisie.

    jy lys soveel goed wat jy vir haar doen… as sy soos ek is, glo sy iemand anders kon dit vir haar doen. iemand anders sou dit vir haar doen as jy nie daar was nie.

    die dag wat sy na JOU smag, vir wie jy is en nie wat jy vir haar doen nie, sal jy haar he. die dag as sy verlang na hoe dit voel om naby jou te wees, en dit nie kan kry nie.

  5. annderster sê:

    ek gaan nou ophou lees&comment sodat ek nog later kan lees!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: