Huishoudelike Geweld

My vuis jeuk alweer,
Jou gesig lyk so sag;
My verwoestende humeur.

Ek storm in by die deur
En demonstreer my krag,
My vuis jeuk alweer.

Jou nuwe rok skeur;
Wil jou hou onder my mag,
My verwoestende humeur.

As jy so treur
tot laat in die nag;
My vuis jeuk alweer.

Jy wou my ‘n les leer,
Wat het jy verwag?
My verwoestende humeur.

Ek maak seker jy sweer,
By die huis sal jy wag,
Want my vuis jeuk alweer.
My verwoestende humeur.

5 Responses to Huishoudelike Geweld

  1. kaneelsuiker sê:

    Ek dink ‘n Villanelle digvorm het goed gewerk om die tema deurgans te versterk.

  2. Sonkind sê:

    Weet jy hoe dit voel om saam met huishoudelike geweld te leef? Dis nie poëties nie.👿

    • kaneelsuiker sê:

      Wie het ooit gesê poësie moet net die mooi in die wêreld vasvang? Jammer dat ek slegte gevoelens opwakker, maar dit is juis die punt.

  3. Nikita sê:

    Sjoe, ek ken gelukkig nie geweld nie, maar die gedig het my bietjie “geruk”, ek hou ook nie daarvan om eers daaroor te lees nie, te erg.

    • kaneelsuiker sê:

      Ek sal in die toekoms baie ligter gedigte ook skryf, miskien moet ek hulle skei in verskillende kategorieë.

      Ek voel net ek wil niks wegsteek nie, al die vuil swamme moet blootgestel word, sodat hulle nie kan floreer in die donker nie.

      As mense meer atent op byvoorbeeld geweld is, kan dit vinniger gestop word. Vir baie slagoffers is dit moeilik om hulp te vra. As iemand na hulle kan uitreik kan dit baie pyn verlig. Ook mense wat sukkel met sterk aggressie kan gehelp word. Dit is iets wat ek toevallig verstaan, daarom wil ek daaroor skryf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: