Plaas

Sluimer sag in doflig maan
As koel bries oor my laken trek
Buite vensters, agter gaas
Lê wingerdrye wydgestrek

Krieke, besies, heelaand raas
Verder stilte, luister!
Nêrens elders so gerus
Net my gedagtes fluister

Ruik die aarde, merkend vrugbaar
Ruik perskes, stof en klei
Met water uit die Oranje
Deur kanale natgelei

Doer loop skaap op Blouputs grond,
Waar mynkop en ‘n huis is
Springbok troppe trippel daar
En steenbok tussen ruigtes

‘n Groot, stywe, ou hand
Trek speels hier aan my voet
Vroeg op en in die pad,
Bietjie boer in my bloed

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: