My karakter skets

Ek is die dier wat in die skadu van my gunsteling boom,  die hele storie lê en bekyk.

My vrede met die lewe is die dryfkrag agter my sorglose verlatenheid. My ambisies is kort-termyn, want ek lewe op die klein plesiere wat die wêreld aan my skenk. My sintuie is akuut ingestel, want ek wil geen halwe ervarings hê nie.

Ek ontferm my oor die voëltjies met af vlerkies. Ek weet nie hoe om hulle te help nie, dus is ek maar van min nut. Dit frustreer my nogal. Tog bly ek die slaaf van empatie.

Op die oog af is ek skadeloos; oninteressant vir die meeste wat ingedagte verby jaag.

Kom egter te naby aan my en ek sal byt. Die ergste van als is: my gif is verslawend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: