Drama

Die lewe is jou spel
En die wêreld, jou verhoog
Jy het stories te vertel
Deur jou toneel in monoloog

Jy bevind jou dus
In ‘n glansryk lewensdans
Toegedraai en knus
In kuns, kultuur en Afrikaans

Jy ontdek tog die nadeel
In die toekoms se ver wense
Vir jou droomberoep, rolspeel
Sien, daar’s net soveel ander mense

Wat vir jou sal kan vervang
Jy weet die maskers pas jou nou,
Maar die uittrek maak jou bang
En wie gaan jou onthou

Vir wie jy regtig binne is
Jou rolle speel jou nou
in flambojant mannerismes
wat jou identiteit omvou

Lewende vertoonstuk
Dit is mos waarna jy streef
Daarom moet jy als gee
Om dramaties voort te leef

Jy neem waar al die komedie
Maar sien dan ook in elk,
Selfs in ‘n roos, die tragedie;
Eenmaal blom en dan verwelk

Jy weet baie van vermaak
Jy betower met sieraad
Maar as jy ooit mismoedig raak
Is daar hierdie goeie raad:

Lag wanneer jy kan
Dit sal die droefheid uitwis
Blom wanneer jy moet,
Maar keer terug na wie jy is

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: